Hoekom wag?Voorbeeld
Op die heel eerste Bybelomslag wat ek ooit besit het, was Jesaja 40:31 op die voorblad gestik:
maar dié wat op die Here vertrou,
kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie.
As 'n nuwe Christen onthou ek hoe ek gedink het watter wonderlike belofte dit is! In plaas van paniek en frustrasie, kon ek gedurende wagtydperke die hoogte inskiet en versterk word.
Namate ek in my wandel met Christus gegroei het, het my tydperke wat ek op God wag, nie altyd die hoogte ingeskiet en my krag hernu nie. Byvoorbeeld, terwyl ek die Here opgesoek het toe my man sy werk 'n paar jaar gelede verloor het, was daar oomblikke wat ek moeg en afgemat gevoel het.
Ek het gewonder of ek iets verkeerd doen. Het ek nie genoeg gebid nie? Nie genoeg geglo nie?
Ek het onlangs na 'n radio- en potgooireeks oor die vroue van die Bybel geluister en ek het by vroue wat op die Here gewag het, 'n paar merkwaardige lesse geleer.
Dink byvoorbeeld aan Elisabet, die moeder van Johannes die Doper.
Elisabet kon nie kinders hê nie en het gevolglik kritiek van haar gemeenskap beleef. Ten spyte van alles, was sy en haar man “beide getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou” (Lukas 1:6). Ongeag hoe moeilik haar wagtydperk was, het Elisabet getrou aan God en sy Woord gebly. Sy het gedoen wat reg was.
Dit het my laat wonder: waarop lê ek klem in my wagperiodes? Is my fokus op dit WAARVOOR ek wag, of op HOM wat per slot van rekening aan die werk is?
Die eindresultaat: WAT ek doen terwyl ek wag, definieer HOE ek wag.
Wanneer my fokus op die werk was wat ons so broodnodig het, het paniek ontstaan. As ek na ons kwynende bankrekening kyk, het ek onvermydelik beangs geraak.
Wanneer ek my fokus na God se getrouheid skuif en konsentreer om te dien waar God my geplaas het, het die vrees verdwyn en is my hoop herstel.
En wonderbaarlik genoeg, ondersteun die begin van vandag se Bybelgedeelte juis dit! Kyk na Jesaja 40:28-29:
"Weet jy dan nie,
het jy nog nie gehoor nie?
Die Here is die ewige God,
Skepper van die hele aarde.
Hy word nie moeg nie,
Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie."
Ons hoef nie moeg te word nie, want ons God word NOOIT moeg of afgemat nie. Ons kan ons haas na 'n onuitputlike bron van krag terwyl ons wag!
Uiteindelik het ons tydperk van werkloosheid geëindig. God het uitermate meer as genoeg voorsien waarvoor ons ooit kon vra of aan kon dink.
Verder het God ook ons krag vernuwe. Hy het ons geleer dat as ons aanhou bid en soos Elisabet getrou bly, ons moed kon skep terwyl ons wag!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ek hou nie daarvan om te wag nie. Dit is waarskynlik hoekom God my weer en weer leer om getrou, hoopvol en met verwagting op Hom te wag. As jy vir iets op die Here wag, moenie hierdie reis misloop hoe ons gedurende wagtydperke kan moed skep (eerder as om ons verstand te verloor) nie!
More