Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 6 VAN 7

DAG 6

OM IN STILTE TE SIT: MOENIE VERBEUR WAT GOD VIR JOU BESKIK HET NIE

In die Ou Testament lees ons dat Saul sake in sy eie hande neem toe Samuel nie op die afgespreekte tyd opdaag nie. In plaas daarvan om op God te wag, is Saul ongehoorsaam aan Hom en dit lei daartoe dat hy sy koninkryk verbeur.

God se rigtinggewing kan moeilik wees om te volg omdat dit soms voel asof Hy ons aan onsself oorlaat. Dit is egter juis in hierdie tye wat Hy ons gehoorsaamheid en getrouheid toets. In ons soeke en wagtende op die stem van God, moet ons leer om in stilte by die kruispad te sit. Ons moet nie links of regs beweeg voordat ons God se rigtinggewing ontvang nie. Saul se verhaal wys vir ons hoe lewensbelangrik dít is! Ons kan God se beloftes vir ons lewens verbeur indien ons sonder sy rigtinggewing beweeg. Dit kan ook veroorsaak dat ons jare van ons lewens vermors terwyl ons, buite God se plan vir ons lewens ronddwaal.

Saul was 'n leiersfiguur en baie mense het na hom opgesien om die koers aan te dui; sy misstap het ook talle ander mislei. Om te swig onder groepsdruk of deur na ander stemme in ons lewens te luister, kan ons ook die verkeerde rigting laat inslaan. Dit kan selfs veroorsaak dat ons nie hoor wanneer God met ons praat nie of dat ons tot die daad oorgaan sonder om van God te hoor.

Ek glo God wil hê dat ons oorvloedige lewens moet leef en Hy maak beloftes aan ons om te verseker dat ons die lewe leef wat Hy vir ons bedoel het: 'n lewe wat vir ander iets beteken en waardeur ons self seën sal ontvang. Wanneer ons ons eie kop volg of die koers wat ander vir ons aanwys, inslaan, sal ons misloop wat God vir ons wil gee.

Ja, daar sal oomblikke wees wanneer ons God nie kan hoor nie of nie onmiddellik 'n antwoord van Hom sal ontvang nie, maar moenie dit wat God vir jou beskik het, verbeur deur jou eie kop of die aanwysings van ander mense te volg nie. Bly getrou, soos 'n skaap wat slegs op sy herder se stem sal reageer. As jy op God se belofte wag en dit raas te veel om jou, soek dan 'n "stil plek" waar jy kan wag; 'n plek waar God op die bestemde tyd met jou sal kan praat. Maak vandag 'n belofte aan God om nie te beweeg voordat jy sy stem hoor nie.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons hoor, is stilte. Hierdie 7-dag leesplan sal tot jou hart praat hoe om binne die wil van God vorentoe te beweeg, selfs wanneer God oënskynlik stil is.

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/