Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 4 VAN 7

DAG 4

OM IN STILTE TE SIT: BINNE SY WIL

Baie van ons dink alles moet seepglad verloop wanneer ons God se wil doen. God het egter nooit vir ons 'n maklike pad belowe nie. Hy het wel belowe om by ons te wees en ons binne sy wil te hou. Soos ons God se pad volg, sit teenstand baie van ons af omdat ons verwag dat God alles vir ons sal laat uitwerk soos ons daarvan hou. Die eerste teken van ongemak laat ons twyfel in God se stem en sy wil vir ons lewe.

Partykeer ervaar ons ongemak en ongerief omdat ons tydberekening nie reg was nie, maar ander kere is dit eenvoudig deel van die wil van God. Wanneer ons God se stem gehoorsaam, leer en versterk hierdie mindere hindernisse ons terwyl ons op die veiligste plek denkbaar is — binne die wil van God.

Kom ons kyk na een van die Bybel se beste voorbeelde van binne God se wil te wees, naamlik Josef en Maria se reis om God se eie Seun in die wêreld te bring. Terwyl hulle gesoek het na 'n plek waar God se seun gebore kon word, moes hulle sekerlik gebid en God gevra het om vir hulle 'n spesiale plek te gee vir Jesus se geboorte. Ek wonder of hulle gevoel het dat God hulle, en die belofte wat Hy aan hulle gemaak het, versaak het toe hul gebed onbeantwoord gebly het. Miskien het hulle vir 'n oomblik begin twyfel aan God se belofte; baie van ons sou. Desnieteenstaande het Josef en Maria in geloof voortgegaan; hulle het egter nie van God se plan afgewyk net omdat dit volgens hulle nie ooreengestem het met die belofte wat hulle ontvang het nie.

As jy voel of God jou op 'n ongewone manier na jou doel lei, hou aan bid en vertrou God selfs in die "stil plekke". Moenie moed verloor of God se doel met jou lewe in twyfel trek nie, want dit sal wel ontvou — volgens sý wil, nie joune nie. Bid vandag oor jou "stil plek" en neem jouself voor om slegs in die wil van God, en sy wil alleen, voort te gaan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons hoor, is stilte. Hierdie 7-dag leesplan sal tot jou hart praat hoe om binne die wil van God vorentoe te beweeg, selfs wanneer God oënskynlik stil is.

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/