Aande Met Die Heilige GeesVoorbeeld
Ek Sal Jou Wys Hoe om te Prioritiseer
Mense sal altyd meer van jou wil hê as wat jy het om te gee. Hulle besef nie dat daar baie met 'n behoefte of begeerte in 'n ry staan en wag nie. Moenie toelaat dat die eise jou omkrap nie. Leer om my genade in iets te herken, gaan voort in daardie genade en vertrou dat Ek die res sal hanteer.
Jy kan nie almal voortdurend tevrede hou nie, moet dus nie eens probeer nie. Volg my leiding. Ek sal jou wys hoe om die eise te prioritiseer en ek sal die genade voorsien wat jy nodig het om daaraan te voldoen. Al wat jy moet doen, is om daardie genade te ontvang. Moenie toelaat dat mense jou skuldig laat voel omdat jy nie hul begeerte kan vervul nie.
Soms voel dit of almal 'n stukkie van my wil hê — maar ek wil meer van myself aan U gee en aan u wil onderwerp. Sal U my leer om u genade te herken en in diens uit te beweeg? Sal U my help om sonder vrees vir mense, my prioriteite reg te stel?
Aangaande hierdie leesplan
Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the Holy Spirit" deur Jennifer LeClaire.
More