Aande Met Die Heilige GeesVoorbeeld
'n Nuwe Begin
Jy kan nuut begin. Dit maak ook nie saak hoeveel keer jy al nuut begin het nie. Moenie die leuen glo dat jy nie weer nuut kan begin nie. Wat Jesus aan die kruis gedoen het, het die weg gebaan vir 'n nuwe begin en nog een en nog een — soveel keer as wat jy dit nodig het. Ons Vader se genade is elke dag nuut. Tydperke verander. Glo dat jy 'n nuwe begin kan hê in enige terrein van jou lewe wat nie ooreenstem met Vader se volmaakte wil vir jou nie. Gryp hierdie kosbare belofte aan, staan weer op en gaan vorentoe na die nuwe begin. Vader het wonderlike planne vir jou. Dis jou keuse om in sy genade in te beweeg.
Ek glo ek kan nuut begin omdat die Woord van God so sê. Help my om in hierdie belofte te wandel terwyl ek van een tydperk na 'n ander oorgaan. Gee my die krag om aan hierdie groot en kosbare belofte vas te hou wanneer ek nie kan sien deur watter deur ek moet gaan nie. Wandel saam met my.
Aangaande hierdie leesplan
Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the Holy Spirit" deur Jennifer LeClaire.
More