Die vrede van Kersfees Voorbeeld
Saai die goeie saad
Moet nooit opgee nie! Die Here sê: “Moenie die handdoek ingooi nie!”
As jy ’n bokser is, sal jy hierdie beeld goed verstaan. Wanneer ’n bokser sleg deurloop onder sy opponent, gooi sy afrigter ’n handdoek in die bokskryt en dan is die geveg verby.
Moenie opgee nie. Gryp vandag elke geleentheid aan om ’n seën vir ander te wees. Hou aan om goeie saad te saai. Die tyd om te oes kom nog. Doen dit op God se manier — geen kortpaaie nie, maar hou aan. Moenie ’n oomblik laat verbygaan om goed te doen nie.
’n Mens oes wat jy gesaai het. Hou op om jou ore uit te leen aan negatiewe mense. Moenie saam met sulke hoenders rondskrop vir kos nie. Nee, kom van die grond af sodat jy saam met die arende kan sweef. Kom nader aan Christus en Hy sal jou dra. Ek wil jou regtig aanmoedig om jou oë op die toekoms te vestig.
Ek het al baie keer gesaai en dan gedink: Here, ons gaan niks uit hierdie gesaaides kry nie. Dit het nie gereën nie. Die saad het nie behoorlik ontkiem nie … Maar ek het volhard en die reën het uiteindelik gekom, die saad het ontkiem, 'n goeie opbrengs gelewer en die prys was goed. Moenie op die voorstoep van ’n wonderwerk moed opgee nie. Onthou altyd: “Maar God!” God sal jou deurdra. Hou jou oë op Jesus en hou aan om die goeie saad te saai.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/