Die vrede van Kersfees Voorbeeld

Tyd saam met Jesus
Waar is daardie geheime plek in jou hart waar jy en Jesus tyd alleen kan deurbring? Hoe vind jy dit? Jesus ken daardie plek so goed. Hy het gereeld tyd alleen saam met sy Vader deurgebring toe Hy op aarde was.
Josef, uit die nageslag van Dawid, moes na Betlehem gaan om getel te word, soos die dekreet van keiser Augustus gesê het. Ons lees in Lukas 2:7 dat Josef en Maria ’n plek gesoek het om te bly. Maria was maar ’n jong meisie, maar sy sou binnekort geboorte gee aan die Seun van God. Maar daar was geen plek vir hulle in ’n herberg nie.
Het jy vandag plek in jou hart vir die Verlosser? Het jy plek vir die Seun van God?
In die Kerstyd moet ons tyd maak om stil te word by Jesus. Dis die tyd wanneer ek en jy ons harte kan oopmaak vir die Seun van God. In Openbaring 3:20 NLV sê Jesus: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.” Dit is nou, tydens Advent, die ideale tyd om die deur van jou hart vir Christus oop te maak en te hoor wat Hy vir jou wil sê.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
