Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 6 VAN 29




Alles Nuut

Lees: Openbaring 21—22

SOAP: Openbaring 22:13

"Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde."

Oordenking

Die laaste hoofstukke van die boek Openbaring, beskryf die heerlikheid van die nuwe Jerusalem, die plek waar God by sy mense gaan woon wanneer Hy terugkom om op die aarde te heers. Terwyl ons hierdie week nadink oor die wederkoms van Christus en die beloftes wat in Hom vervul gaan word, is die verloste heilige stad op die voorgrond. Dwarsdeur die Skrif sien ons hoe God voortdurend beloftes aan sy mense maak dat hulle eendag saam met Hom gaan woon en dat hulle die herstel van Jerusalem se heerlikheid gaan aanskou. Dit is daardie herstel.

Die prag van hierdie stad is nie afkomstig van die strate en mure van suiwer goud, die edelgesteentes in die fondamente of die grootte van sy poorte nie. Die glans van die nuwe Jerusalem kom van die Lam af. Daar sal geen tempel in die nuwe Jerusalem wees nie, want die Here God en die Lam sal daar woon. Daar gaan nie lig nodig wees nie omdat die heerlikheid van die Lam die lig sal wees.

Dit is waarna ons moet uitsien; dit is waarna ons smag! Die verlange wat ons in die lewe ervaar, en die verliese waarmee ons te doen kry, herinner ons daaraan dat hierdie nie ons tuiste is nie. Die Adventtydperk is wanneer ons tyd maak om weer ons harte te fokus. Terwyl ons nou dalk verlies, dood, hartseer, wanhoop, eensaamheid, pyn en smart mag ervaar, onthou ons wat in die toekoms op ons wag: ‘n lewe in die nuwe Jerusalem saam met ons Here. Ons kan aan sy belofte van ‘n ewige lewe saam met Hom vashou.

Jesus is die enigste een op wie ons kan staatmaak. As die lewe moeilik is, as mense ons seermaak, as nasies verbrokkel, wankel ons hoop nie omdat dit in Hom geanker is. Hy is die eerste en die laaste. Hy is die begin en die einde. Hy sien alles, weet alles en is die Opperheerser oor alles.

Die lewe op hierdie aarde is altyd moeilik. Wat egter spesiaal is omtrent hierdie tydperk, is hoe ons mekaar herinner aan wie binnekort terugkeer: Jesus Christus. Terwyl ons hierdie Adventtyd binnegaan, laat ons die ware hoop wat ons het, onthou. Die wêreld is gebroke as gevolg van sonde, maar daar is verlossing — volkome, ewige verlossing — in ons Saligmaker Jesus Christus.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid