Infinitum Gesin Advent, Week 4Voorbeeld

Woorde is KRAG-TIG (kragtig)! Die verkeerde woorde het die krag om ons seer te maak en die regte woorde het die krag om ons te genees. Ons dink woorde is maar net 'n normale deel van die lewe — net 'n feit!— maar woorde reis, woorde betas, woorde plak vas, woorde kan vergroot en woorde is baie kragtig.
Ek is seker jy het ook al, nes ek, woorde gesê om ander seer te maak en uitgevind dat jou woorde jouself seergemaak het! Ek is ook seker dat jy al gesien het hoe woorde iemand laat glimlag, beter voel en vriendskap bou.
Jesus se moeder (Maria) het by haar niggie gaan kuier voor Jesus se geboorte en sy tannie (Elisabet) het ’n baie mooi gebaar gedoen toe Maria by haar huis gekom het. Elisabet het haar woorde gebruik om vir Maria 'n ware geskenk te gee.
In ons Skrifgedeelte vandag (op die volgende skerm), gaan jy Elisabet se woorde aan Maria lees. Terwyl jy dit lees, sal jy sien hoe vrygewig Elisabet is met haar "geskenk". Ons tel nie gewoonlik woorde as geskenke nie — ons dink meer aan dinge om vir mense te gee — maar, sodra jy aan jou woorde gaan begin dink as geskenke, gaan dit hierdie Kersfees se een dag geskenke oopmaak verander na 'n hele maand propvol vrygewigheid!
Kan jy onthou wanneer iemand al woorde as 'n geskenk gebruik het?
Kan jy verduidelik wat dit beteken dat "woorde groter kan word" nadat iemand dit gehoor het?
Kan jy twee of drie mense noem wie nodig het om jou woorde as geskenke te kry?
Het jy al ooit daaraan gedink dat dit moed vat om iemand aan te moedig? Hoekom dink jy is dit so? Is daar iets wat jy kan doen of aan dink om jou die moed te gee om ander te bemoedig?
Probeer hierdie: Vertel vir die mense in jou omgewing (by skool of by die huis) hoe jy God se werk in jul lewens kan sien. Byvoorbeeld: "ek kan sien deur jou gedrag teenoor my hoe God in jou lewe werk." Probeer om selfs vir die mense in die winkel 'n woord van dankbaarheid te gee! Albei hierdie dade van moed beoefen die spier van vrygewigheid in jou lewe!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy in die Adventstyd inbeweeg.
More
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
