Infinitum Gesin Advent, Week 4Voorbeeld

Ons is GEK na verhale waarin mense spesiale take kry om te verrig: Saartjie of Trompie, Buksie of Silver Blaze, ens. ... Dit is groot pret om te sien hoe ander mense belangrike take verrig om die held te wees, maar wat as dit ONS moet wees?!?! Ons weet nie of ons suksesvol gaan wees nie, ons weet nie op wie ons kan staatmaak vir hulp en bystand nie, ons kan die meeste van die tyd nie die missie self kies nie … die lys is nog langer. Dit is nie maklik om 'n missie te ontvang nie — dit is hoekom ons van daardie films en boeke hou! Dit inspireer ons om te sien hoe die mense braaf is, risiko's neem, hulle beste probeer en leer om as 'n span saam te werk … hierdie is ook nog 'n lang lys!
Josef (Jesus se menslike vader) het 'n missie gekry, en saam met dit het daar hope vrae en bekommernisse gekom! Die missie het nie in Josef se plan ingepas nie, hy sou 'n span moes bou om dit uit te voer, en hy het nie geweet op wie hy kan staatmaak nie. Hy het nie geweet hoe die einde gaan wees nie, hy was nie seker dat hy dit sou kon doen nie, en hy sou nie geweet het wat alles gaan gebeur in die proses nie. Jy verstaan wat ek sê, belangrike werk vereis baie moed, selfs wanneer God jou spanmaat is!
God is dié beste spanmaat — Hy werk aan die taak terwyl jy slaap! Hy is slimmer en meer kreatief as wat jy is. Hy is nooit laat vir take nie en doen altyd wat Hy beloof het om te doen. As jy 'n span nodig het vir 'n missie wat jy kry, moet God jou eerste keuse wees :)
Gaan wandel vandag saam met 'n ouer, broer of suster, of 'n vriend (of 'n kombinasie van hulle) en soek vir die maniere waarin God alreeds besig is om te werk, al het jy dit nog nie raakgesien nie. Sien sy werk raak in die natuur, in mense, in unieke maniere, ens.
Praat met mekaar oor wat jul raaksien as God se werk in jul gemeenskap.
Praat met God ook oor hierdie dinge — vertel vir Hom wat jy dink Hy besig is om te doen!
As jy die moed het, laat Hom weet jy is gereed vir 'n missie saam met Hom — vra Hom of daar missies is vir jou om saam met Hom te doen hierdie Kersfees binne jou familie of gemeenskap.
Dankie dat jy hierdie gesin advent leesplan saam met Infinitum gelees het; besoek gerus https://infinitumlife.com om meer oor Infinitum Life uit te vind.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy in die Adventstyd inbeweeg.
More
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
