Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe TestamentVoorbeeld
Dink na oor vandag se leesstuk met hierdie vraag: Wat is die "anker" in hierdie gedeelte? Hoekom dink jy word die frase: “anker van die siel” gebruik?
Ons Anker
Ons hoop in God en sy belofte van ewige verlossing, is soos 'n "anker" wat ons bestendig hou wanneer die lewe moeilik en teleurstellend is (Hebreërs 6:18). God belowe aan sy kinders dat sy teenwoordigheid en liefde in beide hierdie lewe en in die lewe na die dood sal wees. Hierdie belofte is onwrikbaar en sal ons geestelik onderskraag wanneer ons oorweldig voel met swaarkry en verliese in die lewe.
Dink na oor jou verhaal:
- God het sy beloftes aan ons gegee om ons te onderhou selfs in moeilike tye. Hoe voorsien hierdie beloftes 'n anker van hoop in jou lewe, alhoewel jy omvergegooi voel deur omstandighede om jou?
Elkeen van ons lesers het 'n unieke verhaal van hoe hulle interaksie met die Bybel het. Klik gerus op die skakel hieronder, sodat ons meer van jou en van lesers soos jy, te wete kan kom. Jou deelname stel die "American Bible Society" in staat om goeie kwaliteit Bybelse hulpbronne oral aan mense te voorsien en kan inligting verskaf vir die ontwikkeling van nuwe Bybelse hulpbronne.
Aangaande hierdie leesplan
Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel sê dat ons verlies en teleurstellings op aarde sal beleef, maar God hou ons in sy ewige liefde vas. Jy sal met hierdie leesplan leer hoe God vir jou sorg en sien hoedat geestelike hoop jou met krag tydens die lewensstorme vul.
More