'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplanVoorbeeld

Die tyd het aangebreek — die Verlosser word gebore! Die rede hoekom ons Kersfees vier! Dit was egter nie presies hoe die Messias se koms deur baie gesien is nie.
Josef was uit die geslag van Dawid en volgens bepaling het dit beteken dat Josef en sy gesin na Betlehem sou moes reis vir 'n sensus. Al het dit nie gepas by wat mense verwag het nie, het dit die profesie vervul dat die Verlosser in Betlehem gebore sou word (Miga 5:2).
Toe Josef en 'n hoogswanger Maria daar aangekom het, was daar egter geen
kamers beskikbaar in die dorp nie. Al wat beskikbaar was, was 'n krip in 'n stal. 'n Nederige plek vir die geboorte van Jesus.
God kon georkestreer het dat Jesus in 'n paleis gebore word — of ten minste 'n mooi bed. Hy het dit egter nie gedoen nie. In plaas daarvan het die Vader sy enigste seun gestuur om in die nederigste omstandighede gebore te word. Miskien om aan te dui dat alles wat Jesus sou doen met nederigheid gekenmerk sou word. Jesus sou altyd menslike verwagtinge trotseer.
Onthou dat die God wat ons dien nederig en beskeie van hart is. Onthou ook dat Hy dinge heel anders kan en wil doen as wat jy dalk dink.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.
More
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding
