Wen die Oorlog teen BekommernisVoorbeeld
Wie Moet die Hele Nag Wakker Wees?
"Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig" Psalm 16:8-9.
"Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon" Psalm 4:9.
Bekommernis, in volle krag, kan elke terrein van ons lewens beïnvloed — ons verhoudinge, ons werk, ons gesinne, ons motiverings. Dit kan selfs ons slaap beïnvloed. Ons God is 'n God van vrede. Hy is altyd wakker en ingestel op ons elke behoefte. Hy lei ons na rus wanneer ons ons blik op Hom rig. Terwyl jy nadink oor die Skrifgedeeltes van hierdie week, kyk watter vers(e) as ankerpunt in jou gedagtes kan dien wanneer jy voel dat bekommernis nader kruip. Skryf dit op kaarte neer en plaas dit oral in die huis om aan God se opperheerskappy oor jou bekommernis herinner te word.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe-dag leesplan is gebaseer op Louie Giglio se boek, "Winning the War on Worry: Cultivate a Peaceful Heart and a Confident Mind". God is groter as vrees en alle verwante emosies — depressie, angs, paniek en bekommernis. As bekommernis 'n voortdurende deel van jou daaglikse lewe geword het, is dit tyd om die verhaal te verander en jou gedagtes deur die krag van Jesus te herskep.
More