Wen die Oorlog teen BekommernisVoorbeeld
Nooi God in jou Bekommernis In
"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" Filippense 4:6-7.
Om die oorlog teen bekommernis te wen, moet ons ons vyand ken, want dis sy enigste doel om ons af te breek en ons vreugde te steel (Johannes 10:10). Ons moet ook onsself ken; en die belangrikste, ons moet ons God ken. As ons God nie ken nie, sal ons nie in staat of gewillig wees om Hom in ons bekommernis in te nooi nie. Ons eerste stap van oorgawe moet altyd wees om ons bekommernis in gebed aan God te gee. Het jy God al in jou bekommernis ingenooi? Staan vandag tyd af om oor die vers na te dink en te bid dat God in jou bekommernis sal inbeweeg en uiteindelike vrede en vertroosting sal verskaf.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe-dag leesplan is gebaseer op Louie Giglio se boek, "Winning the War on Worry: Cultivate a Peaceful Heart and a Confident Mind". God is groter as vrees en alle verwante emosies — depressie, angs, paniek en bekommernis. As bekommernis 'n voortdurende deel van jou daaglikse lewe geword het, is dit tyd om die verhaal te verander en jou gedagtes deur die krag van Jesus te herskep.
More