Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld
WEEK 4: KLIM DIE BERG OP
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Lukas 6:12
Hoeveel tyd het Jesus in gebed deurgebring? Hoeveel tyd bring jy in gebed deur? Vir wie bid jy? Is dit nodig dat jy jou gebedslys moet hersien, opdateer of skep? Sou een lys genoegsaam wees of eerder 'n lys vir elke dag van die week?
WANDEL IN WAARHEID
Dink na oor die Skrifgedeeltes wat jy vir jouself, jou familie, jou eggenoot, jou kinders, jou vriende en jou kollegas wil bid. Wie moet die evangelie hoor? Wie moet van die evangelie bewus word? Na wie moet jy uitreik? Gebed vorm die grondslag van die evangelie. Stel 'n gebedslys op as jy nog nie een het nie, en bid vandag vir alles op die gebedslys.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Deuteronomium 6:4-6.
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan
Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/lookingahead/