Op Vaste RotsVoorbeeld

God doen die onmoontlike
Dikwels veroorsaak ons eie beperkings dat ons twyfel aan God se vermoë om deur ons te werk. Dit is maklik om redes uit te dink waarom dinge nie kan gebeur nie, in plaas daarvan om te dink hoe dinge dalk kan ontvou omdat ons almagtige God betrokke is.
Wanneer jy volgende keer weer dink een van God se beloftes is te onmoontlik om waar te word, of jy staar weer ’n skynbaar onmoontlike situasie in die gesig, kyk daarna vanuit God se perspektief en vra Hom om die onmoontlike te doen. Hy belowe dat Hy op die regte oomblik die onmoontlike in jou kan en sal doen.
Watter dinge lyk vir jou onmoontlik om te doen? Het jy vanuit God se perspektief na die situasie gekyk?
Hierdie oordenkings is geneem uit OP VASTE ROTS © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons staan almal dikwels voor skynbaar onmoontlike situasies. Dis dan wanneer ons God se perspektief nodig het! Ons kan Hom vra vir sy hulp, leiding en krag in enige situasie. Hy het belowe om ons te help en sy beloftes is ’n vaste rots waarop ons elke dag kan bou. Hierdie 7-dag-leesplan is geneem uit die sakpas-dagboek OP VASTE ROTS.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
