Op Vaste RotsVoorbeeld

Groter selfbegrip
Daar is meer aan gebed as bloot ’n antwoord op ’n vraag of ’n oplossing vir ’n probleem. God doen dikwels meer in jou hart net omdat jy bid as wat Hy werklik jou gebed beantwoord.
Wanneer jy volhard deur in gebed met God te praat en na Hom te luister, belowe Hy jy sal meer begrip ontwikkel oor jouself, jou situasie, jou motivering en God se doel en rigting vir jou lewe.
Wanneer jy volhard in jou gebedslewe, demonstreer jy jou geloof in God – dat Hy luister, omgee en sal antwoord.
Vra God om vir jou ’n kykie te gee op dit wat Hy wil hê jy moet leer deurdat jy oefen om te volhard.
Hoe kan jou gebedslewe ’n ware gesprek met God wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons staan almal dikwels voor skynbaar onmoontlike situasies. Dis dan wanneer ons God se perspektief nodig het! Ons kan Hom vra vir sy hulp, leiding en krag in enige situasie. Hy het belowe om ons te help en sy beloftes is ’n vaste rots waarop ons elke dag kan bou. Hierdie 7-dag-leesplan is geneem uit die sakpas-dagboek OP VASTE ROTS.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding
