Maria – ’N Vrou Van Die BybelVoorbeeld
Maria se belofte en nalatenskap van gebed
Maria se belofte
Wanneer God sê niks is onmoontlik nie (Lukas 1:37), bedoel Hy dit. Hy is almagtig, alomteenwoordig, die Verlosser van die wêreld. Wat dit ook al is wat Hy belowe het, hoe moeilik of onmoontlik daardie belofte ook al lyk, Hy kan en sal dit doen.
Maria se nalatenskap van gebed
Dink na oor: Lukas 1:26-28.
Loof God: Omdat niks vir Hom onmoontlik is nie.
Sê dankie: Dat God in die liggaam van ’n vrou gewoon het.
Bely: Enige geneigdheid om te dink dat jy as vrou minderwaardig is.
Vra God: Om jou ’n vrou soos Maria te maak wat Jesus in hierdie wêreld bring deurdat jy sy karakter, krag, vergifnis en genade uitleef.
Rig jou hart op God
Kies een episode in Maria se lewe – haar ontmoeting met Gabriël, die geboorte van haar kind, die toneel met die skaapwagters, die voorstelling in die tempel, die besoek deur die wyse manne, die vlug na Egipte, haar seun se lyding aan die kruis, of haar teenwoordigheid by die dissipels in die bokamer. Stel jouself in haar skoene. Wat is jou worsteling, jou vreugde? Wat gaan deur jou gedagtes? Verbaas enigiets of enigiemand jou?
Vra die Heilige Gees om jou te help om die geluide, beelde en tonele voor te stel sodat elke toneel vir jou lewendig word. Laat die Woord jou voed met ’n dieper verstaan van wat God vir jou lewe beplan. Vra om soos die vrou te wees wat gesê het: “Ek is die Here se dienares. Mag alles wat jy gesê het, waar word.”
U vul my hart, my God, en ek kan my blydskap nie beteuel nie. Almal wat my sien, sal my geseënd noem omdat U my raakgesien het. U het my geringheid en behoefte gesien en my leegheid gevul met u Teenwoordigheid. Vorm my na u beeld sodat ek, soos Maria, U in ’n wêreld kan bring wat u liefde so desperaat nodig het. Ek bid dit in die Naam van Maria se Seun. Amen.
Hierdie Bybelstudie is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Ann Spangler en Jean E. Syswerda © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan
’n Bybelstudie oor ’n vrou van die Bybel sal jou opnuut laat besef hoe lief God sy kinders het en sal jou verhouding met die Skepper verinnig. En daar is min vroue so inspirerend soos Jesus se eie ma. Ons kan soveel by haar leer. Hierdie 7-dag-Bybelstudie uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Ann Spangler en Jean E. Syswerda is ideaal vir persoonlike studie of vir gebruik in ’n kleingroep.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/