Praat Met God In GebedVoorbeeld
ONTVANG VERGIFNIS
PRAAT MET GOD
Bid saggies en sê vir God dat jy jammer is oor al die goed wat jy gedoen het wat mense seergemaak het. Vra God om jou te vergewe. Sê vir Hom dankie dat Hy jou vergewe het.
KOM ONS BEGIN
As julle gesin weer saam eet, moet julle almal oorfone of oorpluisies dra. Praat normaalweg. Moenie mekaar help om te hoor wat die ander sê nie. Hou dit aan terwyl julle die tafel afdek.
KOM ONS DELF DIEPER
Wanneer jy nie bid en vir God vra om jou te vergewe nie, is dit asof jy weier om na Hom te luister. Jy distansieer jouself van God as jy Hom nie kan hoor nie, net soos jy nie jou gesin goed kon hoor toe jy oorpluisies in jou ore gehad het nie. Lees Psalm 32:5: "Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: 'Voor die Here bely ek my opstandigheid;' en U het my skuld vergewe." As jy om vergifnis vra, vergewe God jou. Dit is asof Hy die oorpluisies uit jou ore uithaal en jy kan Hom weer hoor.
GESELS MET MEKAAR
- Het jy al iets wat jy verkeerd gedoen het geheim gehou? Indien wel, hoe het dit gevoel om die geheim te bewaar?
- Wat kan jou keer om met God te praat en 'n sonde te bely?
- Hoe voel jy wanneer iemand jou vergewe as jy iets verkeerds gedoen het?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Gesin se lewe kan baie besig wees en ons maak nie altyd tyd om te bid nie — ons onthou nie eens om ons kinders te help om 'n gewoonte daarvan te maak om God deel te maak van hulle dag nie. In hierdie leesplan gaan jou gesin agterkom hoe graag God van julle wil hoor en hoe gebed julle verhouding met Hom en met mekaar versterk. Vir elke dag is daar 'n gebed, 'n kort Skrifgedeelte met 'n verduideliking, 'n praktiese toepassing asook besprekingsvrae.
More
Baie dankie aan "Focus on the Family" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.FocusontheFamily.com