Praat Met God In GebedVoorbeeld

Talking With God In Prayer

DAG 2 VAN 4

PRYS GOD IN GEBED

PRAAT MET GOD
Prys God dat Hy jou, en alles wat jy het, gemaak het, insluitend kos, 'n huis en mense wat lief is vir jou.

KOM ONS BEGIN
Dink aan dinge waarvoor jy dankbaar is. Maak 'n lys van 10 goed. Vertel vir mekaar hoekom julle dankbaar is vir mekaar en prys God vir alles wat Hy vir julle gegee het.

KOM ONS DELF DIEPER
Mense kan kort dankgebede gebruik om vir God dankie te sê vir alledaagse dinge. So leer 'n mens om Hom te prys en dankbaar te wees. Soggens as jy jou oë oopmaak kan jy so bid: "Dankie, God, vir my oë. Dankie dat ek kan sien." Terwyl jy aantrek kan jy so bid: "Dankie, God, dat U in my behoeftes voorsien — U gee vir my klere om aan te trek" en as jy die son sien, bid jy: "God, U is so wonderlik! Dankie vir U skepping." Psalms 145:1-2 is 'n goeie voorbeeld van hoe om God te prys: "Ek wil U lof verkondig, my God en Koning, ek wil U Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof, ek wil U Naam altyd prys." Prys God vandag en elke dag!

GESELS MET MEKAAR
- Hoe het jou gesindheid verander toe jy 'n lys van goed moes neerskryf waarvoor jy dankbaar is?
- Hoe lank dink jy sal dit neem as jy vir God moes dankie sê vir elke liewe dingetjie wat Hy al vir jou gegee het?
- Hoe sal dit jou moontlik verander as jy God prys?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Talking With God In Prayer

'n Gesin se lewe kan baie besig wees en ons maak nie altyd tyd om te bid nie — ons onthou nie eens om ons kinders te help om 'n gewoonte daarvan te maak om God deel te maak van hulle dag nie. In hierdie leesplan gaan jou gesin agterkom hoe graag God van julle wil hoor en hoe gebed julle verhouding met Hom en met mekaar versterk. Vir elke dag is daar 'n gebed, 'n kort Skrifgedeelte met 'n verduideliking, 'n praktiese toepassing asook besprekingsvrae.

More

Baie dankie aan "Focus on the Family" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.FocusontheFamily.com