Fokus Op VasVoorbeeld

Fokus Op Vas

DAG 3 VAN 7

Vas is vreemd

Om te vas is nog vreemder as om alleenheid te soek. Dis vreemd as 'n mens kos het, maar kies om dit nie te eet nie. Hoekom? Mense is die enigste wesens op aarde wat simbolies kan dink en doen.

Omdat die mens iets kan doen ter wille van die simboliese waarde daarvan het gelowiges in die Ou Testament gevas om hul hartseer, hul berou oor hulle sonde en die erns van hulle gebede te wys. Ongelukkig het mense later begin dink hulle kan God “verplig” om hul gebede te verhoor deur te vas. En nog later het dit ’n manier om te spog oor hoe ernstig hul godsdiens was, geword.

Daarom vas ons as gelowiges tans min in die beoefening van ons godsdiens, behalwe tydens die 40 dae van lydenstyd wanneer ons dit gebruik as 'n simbool dat ons onthou — elke keer wanneer die hongerpyne ons tref, wil ons onthou van die pyn wat Jesus namens ons gely het.

Hierdie oordenking is geneem uit ELKE DAG SAAM MET GOD deur Henk Gous © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fokus Op Vas

Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom dit waardevol vir alle Christene is om dit deel van hulle Christelike leefwyse te maak.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/