Seisoene Van Die HuwelikVoorbeeld
ONTSPANNING VAN DIE SOMER
In ’n somerhuwelik is daar gevoelens van geluk, tevredenheid, sukses en ’n innige verbintenis. Daar is ’n diepe gevoel van vertroue en ’n ernstige voorneme om te groei. Die lewe is ontspanne en kommunikasie is konstruktief. ’n Paartjie in hierdie fase is meer geneig om huwelikseminare by te woon, huweliksboeke te lees en geestelik te groei.
Die klimaat in die somer is gemaklik, ondersteunend en vol begrip. Die paartjie los konflik op ’n positiewe manier op. Hulle het hulle verskille aanvaar en kry dit nou reg om hierdie verskille in ’n bate te verander — hulle span dus hulle verskille in om mekaar te help. In die somer ervaar man en vrou ’n toenemende gevoel van nabyheid.
Die somer het wel ’n negatiewe sy — dit is die tyd wanneer al die goggas en gediertes ná die winter wakker word. ’n Mens sien hulle vir ’n lang tyd nie, maar dit is al die onopgeloste kwessies wat onderdruk is ter wille van die vrede. Onthou wat die Bybel vir ons leer oor woede — dit moet dadelik opgelos word. Om onmin te laat broei, selfs ter wille van die vrede, maak dinge net erger. Jy sal een of ander tyd die ongediertes moet uitroei anders gaan dit julle einde beteken.
Vader, dankie vir ’n gemaklike, positiewe verhouding met my huweliksmaat. Alhoewel ek dankbaar is vir die vrede tussen ons, wil ek dit nie hê ten koste van die ware oplossing van die probleme tussen ons nie.
Aangaande hierdie leesplan
Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een seisoen na ’n ander. Gary Chapman moedig paartjies in hierdie leesplan uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES aan om die beste van elke seisoen te maak.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/