Seisoene Van Die HuwelikVoorbeeld

Seisoene Van Die Huwelik

DAG 3 VAN 5

SAAD VIR DIE LENTE

’n Lentehuwelik is gevul met hoop, afwagting, optimisme, dankbaarheid, liefde en vertroue. Klink dit opwindend? Dit is! Daar is van julle wat nou sê: “Ek onthou die beginjare van ons huwelik toe ons ’n lentetyd beleef het.” Ek wil nou vir julle sê dat julle oor en oor weer lente kan ervaar. ’n Gesonde huwelik sal deur die jare verskeie lentetye hê.

Hoe kry paartjies dit reg om ’n lentetyd te ervaar? Deur planne te maak en eerlik met mekaar te kommunikeer. Dié wat graag ’n lenteverhouding wil ervaar, is gewillig om hulp by ’n berader te gaan soek of om ’n boek oor die huwelik te lees. Lente is ’n tyd van ’n nuwe begin, waar daar oop en eerlike kommunikasiekanale is. ’n Egpaar is opgewonde oor hulle lewe saam. Hulle het hoop vir die toekoms en hulle saai saad met die hoop dat dit ’n groot opbrengs vir hulle gaan lewer. Die vers uit 2 Korintiërs gee vir ons hierdie belofte: As julle ruimhartig saai, sal julle ’n goeie opbrengs op julle arbeid ontvang. Dié wat die saad saai, sal die lenteblomme sien blom.

Vader, ek onthou soveel lentetye in my huwelik en ek wil dit graag weer beleef. Gee ons asseblief weer daardie gevoel van opwinding en optimisme. Help ons asseblief om tyd te maak en moeite te doen om nuwe saad in ons verhouding te saai — sodat ons ’n groot oes kan hê.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seisoene Van Die Huwelik

Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een seisoen na ’n ander. Gary Chapman moedig paartjies in hierdie leesplan uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES aan om die beste van elke seisoen te maak.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/