Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 11 VAN 12

Wenk #10 — Vertrou Hom om te Waak oor Wat vir jou Belangrik Is

As jy my vra om te belowe dat die feëverhaal-einde wat jy jouself in die vooruitsig gestel het 'n werklikheid kan en sal word, kan ek nie. Daardie soort hoop is nie redelik nie. Om 'n risiko te loop soos om die vaderlose aan te neem, kom nie in pragtig versierde geskenkpakkies nie.

Ek is jammer as jy hoop dat al die legkaartstukkies pragtig bymekaar moet inpas. Ons het te doen met gebroke individue wat dikwels in verskriklike omstandighede uit 'n na-Eden wêreld kom. As jy na 'n Pollyanna — alle paaie lei tot verhewenheid — leefstyl smag, stuur jy jou gesin op 'n vinnige roete na 'n ramp af. Dit is nie hoe die bou van 'n gesin met die vaderlose werk nie. In werklikheid, werk geen gesin so nie.

Die Christendom werk ook nie so nie. Eerlikwaar, die hoop wat deur Jesus Christus gebied word, is waar "alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28). Dit is meer glorieryk. Hierdie hoop is op 'n Persoon.

My beste raad vir enigeen is om vir Jesus te ken — om Hom werklik te ken soos Paulus Hom geken het. Gedurende moeilike tye het Paulus nie vertrou op inligting oor Jesus nie. Toe lyding aangebreek het en alle menslike ondersteuning gewankel het, het Paulus nie daaroor gepraat dat dinge sal uitwerk nie. Hy het gespog dat die Here hom bystaan. Paulus het die persoon, Jesus, geken in wie hy geglo het. Hy kon Jesus heeltemal met alles vertrou. Daarom was hy vol vertroue in die vermoë van die Here om te bewaar wat aan Hom toevertrou is.

Terwyl Paulus sy vertroue bely het, het dinge nie goed vir hom gelyk nie. Hy was in die tronk, na aan die dood. Was hy dwalend of kan jy iets leer uit sy ferm vertroue en sekerheid? Nee, hy het nie gedwaal nie. Hy het eenvoudig 'n leeftyd se ervaring gehad in hoe God Homself as betroubaar en onomwonde bevoeg bewys het.

Hoe kan jy dit in jou gesin toepas? God is nog steeds bevoeg. Dit is nie 'n versekering dat alles sal gebeur soos jy graag wil hê nie. Ek weet regtig nie hoe dit vir jou sal uitwerk nie. Ek kan jou egter wel belowe dat God betroubaar is. Wanneer jy al jou hoop op Hom plaas, kan jy jou gesin aan Hom toevertrou, jou lewe, jou vrese, jou onbekende, jou twyfel — alles wat vir jou dierbaar is. Hy is in staat om dit veilig te bewaar — tot in ewigheid.

Wat moet jy vandag aan Hom toewy?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com