Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 10 VAN 12

Wenk #9 — Soek Jou Krag in die Here

Aanneming kan 'n uitdagende onderneming wees. Baie van die probleme kan wees as gevolg van vernederende behoeftes wat algemeen voorkom by kinders wat uit moeilike omstandighede kom. My kinders het te doen gehad met tragedie wat, algemeen voorkom en minder algemeen, onder weeskinders regdeur die wêreld. Een het 'n rare vorm van 'n rare versteuring. 'n Ander het sulke uitermate honger verduur dat sy letterlik die hemp van haar liggaam afgeëet het. Ek het dierbare vriende met kinders wat ondenkbare onreg verduur het as gevolg van ander se keuses. Die littekens wat deur hierdie gruweldade veroorsaak is, verdwyn nie bloot met 'n hofsaak of selfs om skielik in 'n liefdevolle omgewing te wees nie. Die behoeftes kan onversadigbaar wees.

Die gedrag wat hulle openbaar kan irrasioneel en selfvernietigend wees en ons vermoë om dit te hanteer, heeltemal te bowe gaan. Die verantwoordelikhede is oorweldigend. Die absolute omvang van wat nodig is om elke dag deur die lewe te kom, is meer as wat jy kan hanteer. Hoe meer ek gee, hoe meer onvervulde behoeftes steek kop uit. Daar is eenvoudig nie genoeg van myself nie.

Die laataand ontnugterende besef is dat jy jou aan hierdie rol verbind het tot jy jou laaste asem uitblaas. Dit is nie soos 'n gratis hondjie wat jy by die plaaslike skuiling gekry het nie. Angs, onsekerheid, vrees, depressie, eensaamheid en laste wat jy namens die vaderlose dra, neem jou gedagtes oor. Ons het nie die krag vir hierdie reis nie.

Jy het nie die krag nie.

Ek ook nie.

Paulus het dit ook nie gehad nie. Ek dink dis hoe hy vir Timoteus kon bemoedig om krag in die Here te vind. Hy het ervaar wat dit is om te gee totdat daar niks oor was om te gee nie. Die goeie nuus is dat die Bybel vir ons presies vertel waar om krag te kry wanneer ons nie kan voortgaan nie. Jesus is vol genade. Sy oorvloed word aan elke gelowige vrylik en volkome gegee.

Ons moet onthou dat Hy nooit bedoel het dat ons die gewig van hierdie pad moet dra nie. Hy het 'n passie om die vaderlose te red. Hy doen dit deur sy mense in sy krag. My kragte is nie genoeg nie. Cheri Strange kan geen behoeftes bevredig nie. Slegs die volheid van Jesus verstaan behoeftes wat onversadigbaar is. Alleen Hy kan alle bevrediging gee.

Neem jou uitgeputte self na Jesus toe. Moenie jouself kasty omdat jy nie in staat is om behoeftes te bevredig waarvoor jy nooit geroepe was nie. Laat eerder sy genade toe om jou te versterk en te hernu. Hy sal jou van alles voorsien wat Hy jou vra om te bereik.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com