10 Mini-Oordenkings Vir VroueVoorbeeld
Nooit alleen nie
Wat wil jy die graagste hê wanneer jy moedeloos voel? Verligting van die mismoedigheid? Die wete dat iemand vir jou omgee? Waarheen gaan jy om dit te vind? As jy daarna soek by vriende of geliefdes, kan jy dalk teleurgestel word. Die empatie van ander mense strek net só ver.
As jy jou pyn en moedeloosheid na die Here toe neem en stil voor Hom wag, sal jy kry waarna jy gesoek het. Hy is die enigste Een wat jou waarlik kan ophef. Hy het jou baie lief. Hy is besorg oor die swaar las wat jy dra. Hy sal dalk nie jou probleme wegvat nie, maar Hy sal dit saam met jou dra.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspirerende oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR VROUE.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/