10 Mini-Oordenkings Vir VroueVoorbeeld

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

DAG 2 VAN 10

Ondersteuningstelsel

Stel jou ’n krag voor wat só sterk is dat jy al jou vrese, pyn, probleme, onsekerhede en angs daarin kan stort en kan wéét dit sal hanteer word … vir ewig. God se liefde is so ’n krag. Hy nooi jou uit om al jou bekommernisse na Hom toe te bring en hulle aan die voet van die kruis te laat. Hy sal jou troos, versterk en bemoedig, want Hy gee vir jou om.

Hy het sy besorgdheid oor jou op ’n baie tasbare manier gewys toe Christus vrywillig aarde toe gekom het om te wys hoe om saam met ander en vir God te leef. Hy het jou sonde op Hom geneem toe Hy aan die kruis gesterf het. En nou is Hy in die hemel, waar Hy vir jou intree. Hy weet hoe die lewe op aarde is en Hy wil jou daarmee help. Vra Hom net.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspirerende oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR VROUE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/