Jy Sal Oukei WeesVoorbeeld

Dankbaarheid verander jou
Lees Psalm 107:1
Oordenking
Gebed kan baie dinge wees. Dit kan hart-uitstort wees, wanneer jy jou frustrasies en jou trane uit jou lyf uit wil kry. Dit kan “asseblief!” wees, wanneer jy jou hart se begeertes voor God neerlê. Dit kan woede wees, of twyfel, of woorde van vrees.
Gebed kan ook gehalte-geselstye met die Gees wees, daardie stilwees en luisteroomblikke wanneer jy beleef hoe sy stem aan jou siel raak. Hoe Hy vertroosting, wysheid en vrede in jou oor fluister. Of wanneer jy sommer net by Hom is, sonder woorde.
Maar gebed sal baie arm wees sonder ’n hart wat oorloop van waardering vir en verwondering oor wie God is, wat Hy doen en hoeveel Hy gee. Heel dikwels is gebed dan ’n hart vol dankbaarheid wat maklik met God kontak maak omdat jy deur jou dankgebed jouself eenkant toe skuif en op Hom alleen fokus. Omdat jy dan sy grootheid en sy werk in jou lewe raaksien, sy goedheid en guns erken, en dit in jou hart uitspreek.
’n Hart vol bewondering en waardering vir wie God is, wat op spontane gebed uitloop, is nooit 'n vermorsing nie. Want afgesien daarvan dat jy bewus raak van alles waarvoor jy dankbaar kan wees, kom jy op ’n intieme manier nader aan God. Nader aan wie Hy is. Nader aan die ware “Ek is.”
Mag my en jou gebede gedurig deurweek wees met die ryk aroma van dankbaarheid, want dan sal die geur van sy liefde om ons bly hang wanneer ons van ons knieë af opstaan en ons nardusolie-liefde gaan uitleef.
Stilword
Liefdevolle Here, U is goed. Dankie dat ek U kan ken. Dankie dat U voorsien. Dankie dat ek dankbaar kan getuig oor u goedheid. Dankie dat U my gebruik. Laat my nie in ondankbaarheid verval nie, maar maak my oë oop vir die geskenke wat U elke dag, elke oomblik gee. Help my om in dankbaarheid te leef. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dié groeiplan sal jou help om God in die hier en nou te beleef. Om sy teenwoordigheid bewustelik aan te voel. Dit sal jou opnuut bewus maak van hierdie waarheid: God is hier, God is vir jou, God is naby jou. Jy kan God in die alledaagse beleef, want God neem jou aan jou hand, en God wil met jou dans! Daarom sal jy oukei wees.
More
Ons wil graag Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
