Jesus Se Woorde Vir Elke DagVoorbeeld

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

DAG 2 VAN 7

’n Sagte juk

Omdat die evangelie van Jesus Christus eenvoudig genoeg is vir almal om te verstaan, nooi Hy ons om by Hom te kom leer. Soos osse wat ingespan word om ’n ploeg te trek, soos mense wat bereid is om hul gewig in te gooi by ’n nuwe werk, so moet ons in gewilligheid buk om ’n nuwe pad saam met Christus te loop sodat ons van Hom kan leer.

Jesus noem dat sy juk of opdrag sag is. Dit is nie regtig swaar om Jesus te volg nie. Dit is nie die wette van die ou verbond wat vir ons te moeilik is om na te kom nie. Nee, Hy kom skryf deur die Heilige Gees nuwe wette op ons harte. Daarom is sy juk sag en is die las op die ou einde nie werklik ’n las nie, maar ’n vreugde: die vreugde om Hom te ken en Hom te volg en Hom te dien. Hy vir wie ons volg, is immers sagmoedig en nederig van hart. Hy is nie ’n ongenaakbare baas nie, maar ’n vriend met ’n sagte hart. Hy verstaan mense en het deernis met ons swakhede en moedig ons aan om sy pad te vind en te bewandel. Verder is Hy nie ’n outokraat wat met trots en arrogansie oor ons besluit nie. Nee, Hy is nederig van hart.

Al is Hy die Koning van die konings, die Seun van God, is Hy steeds nederig en sagmoedig in sy houding teenoor ons. Kom ons leer by Hom, en vind rus vir ons gemoed.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Se Woorde Vir Elke Dag

Dis nie aldag maklik om in God se lig te leef nie. Ons moet tyd maak om sy woorde binne-in ons te hoor en te laat weerklink: woorde van aanmoediging, woorde wat wys op die doel van ons lewe, naamlik om Hom te volg en te dien terwyl Hy elke dag saam met ons is. Hierdie 7-dag leesplan kom uit JESUS SE WOORDE VIR ELKE DAG deur Jan de Wet.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/