VerfrisVoorbeeld

Net soos 'n glas koue water na die tuinwerk jou verfris en nuwe krag gee, gee manna ons die krag om voort te gaan.
Dit verskaf aan ons waarna ons dikwels verwys as 'n vars luggie.
Baie mense weet van die 80/20-beginsel; 80% van die waarde van jou werk kom uit 20% van jou tyd en moeite. Soms is dit 70/30 of 90/10, maar die algemene idee is dat die meeste van jou resultate uit 'n kleiner minderheid van jou tyd kom.
Minder mense besef dat 80/20 herhalend is. Die 20% verdeel op sy beurt 80/20, ensovoorts. Die eerste herhaling sal voorspel dat 4% van jou tyd 64% van die resultate oplewer.
Die uitdaging is om uit te vind waar jy jou tyd moet aanwend!
Wat is daardie 4%? Baie van 'n leier se werk word met mense gedoen. Met watter mense moet jy dus tyd deurbring en hoekom? Hoeveel energie moet jy toewys aan strategiese studie en voorbereiding?
Jy kan na 50 gerespekteerde leiers gaan en 20 verskillende antwoorde kry. Hiervoor is daar geen duidelike formule nie.
Christelike leiers is egter gelukkig genoeg om leiding van die Heilige Gees te kry. In ons huidige era waar die verskeidenheid keuses al meer word en geraas al sterker, het ons rigting nodig om die keuses te maak wat ons die grootste waarde vir ons tyd, aandag en energie gee.
Maak vandag tyd om te luister na Goddelike leiding.
- Sien die prentjie in sy geheel. Jy kan dit dalk nuttig vind om terug te tree en te kyk hoe jou rol en huidige reis in God se groot plan inpas.
- Herstel jou verwagtinge.
- Stel realistiese tydslyne, en laat God doen wat net Hy kan doen.
Moenie dat die vars luggie uit jou seile ontsnap nie. Gebruik dit eerder om jou en die vaartuig, na 'n blinker toekoms te stuur.
Onthou, wanneer God aan jou kant is, kan niks of niemand teen jou bestand bly nie.
Om met David Villa in kontak te kom, Klik Hier!
Om op David se potgooi in te teken, Klik Hier!
Aangaande hierdie leesplan

Die lei is skoon, dit is 'n nuwe dag, en dit is tyd om voor te begin. 'n Vars visioen, 'n vars vuur, vars manna, en vars wind! Sluit by David Villa se nuutste leesplan aan waarin hy bespreek hoe ons die Woord van God kan gebruik om ons visie, ons vuur, ons manna en ons wind elke dag te verfris!
More