VerfrisVoorbeeld

Refresh

DAG 1 VAN 5

Verfris — Om nuwe krag of energie te kry; verkwik te word.

Wanneer laas het jy nuut begin, of die behoefte gehad om jouself te verfris?

Ons hoor hierdie begrippe baie:

"Dit is tyd om die lei skoon te vee."

"Dit is tyd om 'n nuwe begin te maak."

"Tyd om oor te begin."

Tyd vir 'n nuwe begin beteken soms om deure toe te maak en ander oop te maak.

Om jou te verfris kan as positief of negatief beskou word, afhangende van die omstandighede wat tot die nuwe begin lei. 'n Nuwe begin kan wees om 'n nuwe huis te betrek, of beteken 'n onderneming het misluk, om terug skool toe te gaan, of om universiteit op te skop, om bankrot te raak, of ryk te word. Al hierdie dinge lei tot 'n nuwe begin, maar as mens, beskou ons 'n nuwe begin nie altyd as iets wat in wese goed is nie.

Hoekom?

Want om nuut te begin beteken soms om met niks te begin. Dit beteken om te verander of in iets nuuts herskep te word, en nuut kan soms skrikwekkend wees.

Net omdat ons nuut begin, beteken nie ons moet alles prysgee nie. Trouens, dit is beter om 'n nuwe huis op 'n stewige fondament te bou as om op wankelrige terrein te bou. Die waarheid is dat ek en jy 'n nuwe begin kan maak sonder om alles uit te gooi. Eintlik gebruik God ons sterkste punte terwyl ons werk om ons swakhede te oorkom.

Hy het dit met Dawid gedoen.

Hy het dit met Moses gedoen.

Hy het dit met Paulus gedoen.

Hy het hulle die geleentheid vir 'n nuwe begin gegee, maar het hulle nie heeltemal gestroop van wie hulle was nie. Hulle lewens het drasties verander, maar hulle was nog steeds trou aan hulleself. Hy het geweet die planne wat Hy vir hulle het sou hulle lewens vir altyd verander, en hoewel ek seker is dat hulle senuweeagtig was, het hulle die nuwe begin gekies wat God voor hulle gelê het. Hulle het gekies om oor te begin en hulle het groot dinge as gevolg daarvan gedoen.

Soms gee God ons geleenthede om oor te begin. Moenie bang wees om voordeel daaruit te trek nie.

Dit kan die begin wees wat tot 'n gelukkiger, beter jy sal lei.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Refresh

Die lei is skoon, dit is 'n nuwe dag, en dit is tyd om voor te begin. 'n Vars visioen, 'n vars vuur, vars manna, en vars wind! Sluit by David Villa se nuutste leesplan aan waarin hy bespreek hoe ons die Woord van God kan gebruik om ons visie, ons vuur, ons manna en ons wind elke dag te verfris!

More

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me