Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 11 VAN 12

Wat is die Gevolg van Ware Liefde? VREUGDE!

Op enige gegewe dag ervaar ons siele kan pyn as gevolg van sonde en ons harte rou oor ons swakhede. John Owen sou sê dat hy so swak soos water voel. Sommige dae kan baie moeiliker wees as ander. Die winde waai en die storms van die lewe slinger ons heen en weer. Die vyand kla ons aan. Waar kom ons hoop vandaan? Van Christus af! As beproewinge vir maande, jare, of selfs dekades aanhou, waar is liefde dan? Waar kom ons hoop vandaan? Van Christus af! Ons word getoets hoe gehoorsaam ons aan God is. Waar is ons gehoorsaamheid? Deur Christus! In die greep van 'n beproewing ondervind ons so baie verskillende gedagtes en emosies wat bots en deur ons gedagtes en harte woed. Waar kom ons energie, krag en ywer dan vandaan? Van Christus af!

JESUS is jou alles. Vertrou sy Woord en glo wat Hy sê. Moenie glo wat jy dink en voel of wat enigiemand anders sê nie. Hy is sentraal, ons fondament, die kern, oraloor, skitterend — ALLES. Christus! Sy lewe, dood en opstanding was vir jou en my, sondaars, wat niks verdien het nie. Hy het sy posisie en kroon prysgegee en sy lewe vir jou gegee. Ter wille van Christus en ander mense, moet ons die eie ek laat sterf.
Gehoorsaamheid. Wees gehoorsaam aan die Woord van God en vertrou Hom in gedagte, woord en daad. Hou vas aan Christus en sy liefde. Raak ontslae van gevoelens en ou gewoontes, gryp geloof aan en glo wat die Woord van God sê is die waarheid.

Hoe moet ons Christus, die bron van liefde, volg en toelaat dat sy liefde deur ons lewens vloei? Hoe leer ons om naby Hom te bly en die leiding van die Heilige Gees te volg in plaas van ons eie wil?

Eers moet ons uitvind of ons nie onder sy beskerming van liefde uitbeweeg het nie. Vra: “Sien ek dinge soos dit is? Volg ek U getrou, Here?” Ons kan enige tyd van die dag hierdie kort gebed om hulp bid: “Help my om in u liefde te glo en daarin te wandel! Here, ek wil U liefhê. Help my om U lief te hê met my hele hart, siel, verstand en al my krag en help my om ander mense ook lief te hê.”

Jeug. Dié wat op die Here vertrou, word weer jonk en vlieg met arendsvlerke! Jy vind vreugde in die Here en put krag uit daardie vreugde!

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org