Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld
Ons Enigste Begeerte Is Ware Liefde.
As ons enigste begeerte is om Christus ten volle lief te hê, moet ons na aan Hom bly en Hom te alle tye volg. Om dit te kan doen moet ons ons kruis opneem, ons lewe neerlê en sy voorskrifte volg. Ons moet sterf in onsself, ons manier van dinge doen, ons begeertes en selfverheffing. Ons moet na niemand of niks anders kyk nie. Net by Hom kan ons vrede, aanvaarding, goedkeuring, rigting en waarde kry. Ons moet al ons vreugde in Hom vind. Hy moet ons wonderlike beloning wees. Hy kan vir ons alles gee waarvoor ons kan hoop. Ons kan nie op ons eie geregtigheid staatmaak nie. Ons kan geensins ons vertroue in onsself plaas nie. Ons kan Christus net ten volle ervaar as ons die eie ek prysgee.
Dit is egter nie 'n maklike taak nie. Ons moet ons eie maniere, insigte, begeertes, wil, vrese, onsekerhede, probleme, bekommernisse, selfsug, ens. agterweë laat. Hoe meer ons die gerief en maniere van hierdie wêreld agterlaat, hoe nader sal ons aan Christus en sy voorskrifte beweeg. Hoe meer ons Christus loof en prys, hoe meer sal ons bereid wees om Hom te dien en vir Hom te ly. Dit sal help dat ons nie so maklik van Hom af wegbeweeg nie. Dien die Here met blydskap.
Ons moet die Here se hartklop kan hoor, dan sal ons verlange na Hom en sy liefde vervul word. Moenie mismoedig raak as die storms, versoekings en afleidings kom nie.
Môre sal ons te wete kom hoe om dit dag-vir-dag prakties uit te leef.
Leef die Waarheid: Kies 'n Skrifgedeelte wat jou kan help om jou gedagtes en hart te herskep.
Begrawe die Ou Self: Watter spesifieke sonde in jou lewe word in hierdie Skrifgedeelte aangespreek? Paulus sê dat ons ontslae moet raak van die ou mens.
Leef die waarheid: Wees 'n nuwe mens in Christus. Watter spesifieke aanpassings moet jy in jou gedagtes, gesindhede en optredes maak sodat jy God se waarhede kan uitleef?
Aangaande hierdie leesplan
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.
More