Leesplan inligting

Kind van GodVoorbeeld

Child of God

DAG 7 VAN 10

Stabiliteit

Hoe verander jou verhouding met God wanneer jy geestelik stabiel is in vergelyking met wanneer jy minder stabiel voel? Oorweeg om 'n lys te maak van die gedrag waartoe jy neig wanneer jy geestelik stabiel voel. Lys dan die gedrag wat aanloklik word wanneer jy minder stabiel is. Miskien eet jy 'n gebalanseerde dieet, bid, oefen en raak by die gemeenskap betrokke wanneer jy geestelik stabiel is. Wanneer jy minder stabiel is as gevolg van hartseer, 'n swaar werkslading of verantwoordelikheid as ouer, vind jy dat jy meer kafeïen drink, langer ure werk en kitskos eet.


Elkeen van ons beweeg heen en weer tussen 'n positiewe en negatiewe ruimte. Wanneer ons minder stabiel voel, is ons geneig om met 'n kitsoplossing na 'n positiewe ruimte te probeer terugbeweeg, deur meer kafeïen by te voeg om 'n bietjie later te werk en 'n bietjie minder te slaap. Dit is 'n korttermyn oplossing wat soms langtermyn probleme skep. Neem 'n oomblik om jou geestelike stabiliteit en jou lang- en korttermyn oplossings te oordink om jou huis in 'n positiewe ruimte te bou.


God wil hê dat ons stabiel moet wees. In 1 Korintiërs 15:58 word ons uitgedaag om standvastig en onwankelbaar te wees. Is jy standvastig? Voel dit soos 'n onmoontlike taak? Hoe doen ons dit? Ons doen dit nie. Ten minste nie op ons eie nie. Ons moet geanker wees deur God se genade (2 Korintiërs 12:9) en die Gees waardeur ons lewe moet ons gedrag bepaal, sodat ons sy vrugte kan dra (Galasiërs 5:23). Dit is moeilik om te glo, maar ons mag dalk fonteine agterlaat wanneer ons deur 'n dorre laagte trek (Psalm 84:6). Stel jou dit voor. Jy is op 'n slegte plek, moeg en afgemat, jy gaan deur 'n woestyn tydperk in die lewe, maar as jy terugkyk, merk jy dat die spore wat jy agtergelaat het welig met lewe gevul word. Voor jou sien jy droë plekke, maar agter jou sien jy lewe. As jy 'n ouer of 'n mentor is met iemand wat jou volg, kry hulle 'n heel ander siening. Stel jou voor hoe dit uit hul perspektief lyk. Hulle is ook in 'n woestyn. Dit is warm en uitputtend, maar hulle kyk op en sien vloeiende water. Jou bereidwilligheid om te veg verander ander se perspektief. Wanneer mense sien hoe jy na jou Vader gaan, selfs wanneer dit moeilik is, word diegene wat jou volg dalk met lewe gevul.


Ekstra Krediet:
Kyk na maniere waarop jou pogings om stabiliteit te bou, stabiliteit vir iemand anders geskep het. Soek vir maniere waarop God jou gebruik het om fonteine van Christus se lewende water na die woestyn te bring.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Child of God

Ons het so baie titels, maar watter is die belangrikste? Kind van God, nie waar nie? Voel jy ooit oorweldig deur al die ander titels wat jy het? Om 'n kind, ouer, student, broer of suster, werknemer of atleet te wees, br...

More

Ons wil graag vir Elliott Life Coaching bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.chuckandashley.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid