Leesplan inligting

Kind van GodVoorbeeld

Child of God

DAG 5 VAN 10

Vergelyking

Het jy al ooit gevoel jy is net nie goed genoeg nie? Wat skuil hieragter? Vergelyking. Ons sal onsself dikwels met ander om ons vergelyk. Die waarheid is dat sommige mense beter as ons is, en ander mense is slegter as ons. Met miljarde mense op hierdie planeet kan ons ons energie inspan en op 'n goeie dag dink aan hoe ons beter as ander is, en op 'n slegte dag weer dink aan al die redes waarom ons nie goed genoeg is nie.


Jesaja 55:9 sê: "soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes." Ons is nie goed genoeg nie, tog het God ons aanvaar. Jesus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8). Het jy enige denkpatrone opgemerk wat opduik wanneer jy vergelykings tref? Dit is asof hierdie gedagtes in 'n geheime kompartement van jou brein skuil en uitkruip wanneer iets jou aanraak. Alhoewel jy gedink het jy het dit begrawe, sal dit weer en weer na die oppervlak styg.


Wanneer jy jouself met ander vergelyk of negatief oor jouself voel, is jy gewoonlik in 'n negatiewe ruimte? Ons is geneig om meer positiewe gedagtes, gevoelens en gedrag in 'n positiewe ruimte te hê. In 'n negatiewe ruimte, word ons gedagtes, gevoelens en gedrag negatief.


Kom ons kyk na twee basiese stappe wat ons kan volg om terug te beweeg na 'n positiewe ruimte.


Stap 1 — Herken wanneer ons in 'n negatiewe ruimte is.
Stap 2 — Bid en gebruik die Skrif om ons te help om na 'n positiewe ruimte te beweeg.


Vader, ek is alweer besig om myself met ander te vergelyk. Ek besef ek moet verander. Vernuwe my denke en help my om te weet wat u wil is (Romeine 12:2b). Amen.


Ekstra Krediet:
Hersien die lys wat jy voorheen begin het oor kere wanneer jy vir God in ander rolle inbring. Was jy in 'n positiewe of negatiewe ruimte toe jy met elke aksie besig was? Het jy jouself met hulle vergelyk of op jou primêre rol as kind van God gefokus?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Child of God

Ons het so baie titels, maar watter is die belangrikste? Kind van God, nie waar nie? Voel jy ooit oorweldig deur al die ander titels wat jy het? Om 'n kind, ouer, student, broer of suster, werknemer of atleet te wees, br...

More

Ons wil graag vir Elliott Life Coaching bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.chuckandashley.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid