Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 15 VAN 17

Asaf gaan dink in God se teenwoordigheid oor sy woede. Hoor nou: hy gaan lê sy refleksie voor God neer en dit bring vir hom bevryding. Hoor wat sê hy in vers 16: “Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en dit was vir my bitter moeilik, totdat ek in die heiligdom van God ingegaan het en besef het wat is die uiteinde van goddeloses.”

Sien jy wat Asaf doen? Hy sit nie maar net en blameer en wys vinger nie. Hy sit nie maar net daar van ʼn hoogte af en sê,: "Die kerk is ʼn klomp veroordelende mense", terwyl dit eintlik in sy eie hart is nie. Hy stap na die Here toe en sê: “Ek skuld myself ʼn beter mening oor U. Ek moet U hart leer ken.” En daarom kom sit hy in God se teenwoordigheid as ʼn woedende persoon. Dis waar hy begin.

God het nie ʼn bordjie by die kerk opgesit wat sê: “Net perfekte mense word toegelaat” nie. God sê nie net volmaakte mense kan kom nie. Kom met jou woede. Kom met jou hart wat stukkend is. Kom met jou woede oor alles wat verkeerd is in die land en in die wêreld. Kom met die onregte waarmee jy moet worstel. Moet dit nie afmaak nie. Jy kan dit nie sommer 1, 2, 3 net so wegblaas nie. Dis nie wat Asaf doen nie. Hy deel diep en outentiek met sy woede.

Hy deel outentiek daarmee deur voor God te kom sit en die moeisame pad te loop waar die lig op al hierdie seerkry en swaarkry in sy lewe skyn. In gewone Afrikaans; partykeer moet jy saam met ʼn goeie vriend gaan sit, saam met ʼn goeie terapeut, iemand wat jou verstaan en wat stukkie vir stukkie, met deernis, toelaat om in God se teenwoordigheid uitlaatkleppe te kry.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte. Als is ok, maar iets ontbreek.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/