Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 10 VAN 17

Aanvaar jou hartseer. Die psalmis skryf: “Die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly. Nou is ons weer in die nood.” Let op hierdie skielike verandering. Alles het vir ons uitgewerk. Ons was in ballingskap. Dis ʼn vreeslike ervaring. Jy verloor alles wat jy het. Families word opgebreek, maar ek het dit weer teruggekry en ons is weer terug by ons plek wat ons ken en ons familiebande. Ons kom weer bymekaar, maar nou weet ons nie wat gebeur het nie. Daar is nie noodwendig sonde gedoen of iets verkeerd gedoen nie. Dis net, nou is ons weer op ʼn plek waar ons hulp in groot nood nodig het.

Dit is die aard van die lewe en dis wat aanvaar moet word. Daar gaan verliese wees en dit sal gepaard gaan met groot hartseer. Hartseer is deel van die ervaring van menswees. Ek hou van die Sanskrit woord “ta-tata” – "the suchness of life". Alles verander gedurig. Al kyk jy na ʼn boom wat 700 jaar oud is, is dit besig om te verander. Die lewe is kortstondig.

Jesus sê: “Dis soos ʼn miswolk.” Jakobus, sy boetie, sê: “Kyk na die gras. Let op na die gras. Dis net ʼn seisoen, dan is die gras weg.” Johannes, die geliefde dissipel van Jesus, die een wat seker die naaste aan Jesus geleef het, sê: “Alles in hierdie wêreld sal verbygaan.” Dis groot. Dis ʼn waarheid van die lewe en dit is iets wat jy nie net moet weet nie. Dis iets wat jy moet aanvaar. Dis iets waarvan jy bewus moet wees.

Jou hartseer, die pyn, die ballingskap waarin jy is, sal ook verbygaan, maar weet ook, jy sal Jerusalem sien aankom. Dan sal dit ook verbygaan.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte. Als is ok, maar iets ontbreek.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/