KOSBAAR — Respek en EerVoorbeeld
MEISIES, WATTER BOODSKAP STUUR JULLE NA DIE OUENS?
Terwyl meeste vroue van ganser harte wens om met waardigheid en respek behandel te word, dra die vertellings van die samelewing gereeld 'n ander boodskap hard en duidelik uit. Sommige het hulle eie beste vyand geword deur 'n siening van hulself aan te neem wat die teenoorgestelde is van hoe God hulle sien. Hierdie video is 'n verkenning van die aard van ouens, reklame en seksuele beskikbaarheid en die inkoop in die losbandige sekskultuur.
Kyk na vandag se video.
Lees 1 Timoteus 4:12
Lees Filippense 4:8
1. Wat het hierdie verse te sê daaroor om 'n rolmodel te wees?
2. Hoe kan jy 'n rolmodel vir jou vriende wees? Jou gesin? Die mense saam met wie jy werk?
3. Hoe kan hierdie verse jou help om jou gedagtes te fokus om 'n rolmodel vir Christus te wees?
Lees Hebreërs 13:5
1. Wat sê hierdie vers oor God se teenwoordigheid in die lewe van 'n Christen?
2. God het belowe om nooit sy kinders te verlaat nie — wat presies beteken dit?
3. Wat is die verskil tussen jy wat Christus volg teenoor die verwagting dat Christus jou sal volg?
4. Wat is die verskil tussen 'n verwagting dat God jou moet volg en jou aksies moet seën teenoor jy wat Christus volg en jou aksies aan Hom toewy?
Lees Kolossense 3:17, 1 Korintiërs 13:4-7 en 1 Korintiërs 14:1.
1. Wat het die vers in Kolossense te sê oor ons aksies wat om Christus moet draai?
2. Hoe sal jy die kontras beskryf tussen die beskrywing van liefde in 1 Korintiërs en die algemene begrip van wat "liefde" is?
3. Indien ons 'n lewe van Goddelike liefde leef, watter soort getuienis sal ons hê?
4. Mense is aangetrokke tot mense wat vir hulle omgee. Hoe beïnvloed liefde ons getuienis in ons omgang met ander?
Vir 'n vrou om soos 'n prinses van die Hoë Koning behandel te word, moet sy haarself as een sien ten opsigte van haar voorkoms, gedrag en die eise wat enige ou stel wat 'n verhouding met haar wil hê. Meeste klein meisies het vir jare geoefen om voor te gee dat hulle daardie prinses is — dit is tyd dat jong vroue die posisie herwin wat hulle vroeër vir hulself gesien het.
Aangaande hierdie leesplan
Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en riller, en sluit 'n daaglikse video van die groep sowel as 'n oordenking met vrae in om daaroor as 'n groep of individueel na te dink.
More