KOSBAAR — Respek en EerVoorbeeld
WAT RESPEKTEER MEISIES IN OUENS?
Wat bewonder en respekteer die meeste meisies in 'n ou? Die antwoord mag dalk verrassend wees, en omdat hierdie eienskappe minder en minder tipies word, word die ou wat dit vertoon as hoogs begeerlik deur vroue beskou. Terwyl eenvoudige gebare van ridderlikheid waardeer word, kyk vroue verby die oppervlakkigheid van 'n man wat die deur oopmaak of vir 'n ete betaal — in plaas daarvan kyk hul na sy hart. Terwyl al die "ridderlike" gebare soort van begeerlik is, kan dit nie die enigste invloed wees wat die hart van 'n vrou laat smelt nie. 'n Ware man word bepaal deur soveel meer as 'n eenvoudige gebaar.
Kyk na vandag se video
Lees Filippense 2:3-4
1. Ons wêreld is geneig om 'n individu se ambisie en onwankelbare krag te beloon, maar hierdie Skrifgedeelte blyk die teenoorgestelde te sê. Hoe maak jy sin uit van wat dit sê?
2. Hoe verskil nederigheid (om jou krag tot die voordeel van ander in pleks vir jouself aan te wend) daarvan om 'n "vloerlap" te wees?
3. Wat is aantreklik aan 'n ou wat na die "belange van ander" omsien?
4. Is so 'n tipe tipe ou maklik om te vind? Hoekom of hoekom nie?
Lees Titus 2:6-7
1. Wat is aantreklik aan 'n jong man wat selfbeheersing het?
2. Hoe kan jy weet of 'n ou selfbeheersing het of nie?
3. Hoe kan jou "goed doen" 'n voorbeeld wees vir die jong manne om jou?
Lees Galasiërs 5:22-25
1. Kan jy dink aan ander kwaliteite of deugde wat 'n ou onweerstaanbaar maak?
2. Hierdie deugde is gelys in kontras met die manier hoe ons sonder God se leiding optree. Wat sal die teenoorgestelde eienskappe van elkeen wees?
3. Hoe kan jy 'n ou meedeel dat hierdie beskrywing van die Heilige Gees se invloed jou wens is?
Vroue se wens is om soos wesens van groot waarde behandel te word — dieselfde soos hoe jy 'n kosbare en mooi vaas sal hanteer. Iemand wat nie 'n lamsakkige swakkeling is nie, maar iemand wat meer omgee vir ander as wat hy vir homself omgee.
Aangaande hierdie leesplan
Joel en Luke Smalbone van die groep KING & COUNTRY deel hulle harte oor die verlore kuns van ridderlikheid en vier 'n vrou se waarde. Die 5-dag leesplan is geïnspireer deur die film PRICELESS, 'n liefdesverhaal, drama en riller, en sluit 'n daaglikse video van die groep sowel as 'n oordenking met vrae in om daaroor as 'n groep of individueel na te dink.
More