Oorwin Die TwyfelVoorbeeld
’n Lewe van geloof
Hoe sal ons die toekoms tegemoetgaan wanneer so baie dinge verander het? Deur in geloof te leef en nie deur dit wat ons sien nie (2 Korintiërs 5:7).
Ons lees in Numeri dat Aäron 601 730 mans getel het (Numeri 26:51). Dit was mans wat geskik was vir militêre diens. Hulle sou die Jordaan oorsteek en die land van melk en heuning gaan inneem. Buiten vir Kaleb en Josua was nie een van hierdie mans deel van die oorspronklike geslag wat Egipte verlaat het nie. Hoekom? Al die ander mans is in die woestyn dood as gevolg van hulle gebrek aan geloof. Slegs twee mans uit ’n hele geslag mans het oorleef. Hoekom? Want hulle het God vertrou. Ons moet werklik in geloof lewe wanneer ons na die toekoms kyk. As ons die hele tyd gaan kla en twyfel, gaan ons dit nie maak nie.
As ’n jong boer, voordat ek die Here ontmoet het, sou ek my oes plant en my dan die hele tyd daaroor bekommer. Ek sou gedurig seker maak die mielies is reg geplant, die vore is reg gegrawe en die spasiëring tussen die mielies is perfek. Dit is totdat ek ’n Christen geword het. Toe het die Here vir my gesê: “Plant jy die mielies. Vertrou My dan om dit te laat groei.” Dit het my hele uitkyk verander.
Laat ons soos Kaleb wees wanneer ons na die onbekende kyk. Onthou wat die Bybel vir ons sê in 2 Korintiërs 5:7: “Ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/