Hoe Om Jou Geloof te DeelVoorbeeld
Stap 2: Leef Dit
'n Man met die naam van St Francis word dikwels aangehaal: “Verkondig die evangelie te alle tye en gebruik woorde wanneer nodig.”
Dit beteken nie jy moet wit en swart grimering aansit en Jesus, wat aan die kruis gesterf het, naboots nie. Moenie dit doen nie!
Dit beteken nie choreografie en interpretatiewe dans van dít wat Jesus aan die kruis gedoen het nie — tensy jy dink dit kan jou op "So You Think You Can Dance" kry. Dit is heel waarskynlik nie die beste manier om dit te doen nie.
Wat dit sê, is dat jy jou lewe moet leef soos Christus, sodat jy nie woorde nodig het om mense te vertel dat jy 'n Christen is nie. Jy leef dit. Ander sien dit in jou lewe.
Mense kan sien daar is iets anders aan jou.
Wanneer jy werklik weet wát jy glo, hoekom jy dit glo en passievol daaroor is, sal dit veroorsaak dat jy dit van nature uitleef.
Wanneer jy jou lewe ten volle vir God leef, wys jou hele lewe ander gedurig na God.
Aangaande hierdie leesplan
Sal jy sê dat jy goed is daarmee om jou geloof met jou vriende te deel? Dit kan 'n skrikwekkende ding wees om te doen. As jy moed wil kry om jou geloof te deel en te leer hoe om dit te doen sonder om vreemd voor te kom, dan is hierdie leesplan vir jou.
More