Hoe Om Jou Geloof te DeelVoorbeeld
Doen Dit Net (Um … nie die Nike slagspreuk nie.)
As jy vandag se vers van Matteus in sy oorspronklike taal lees, begin dit met: “Soos jy gaan ...”
Wat dit vir ons beteken, is dat jy, soos jy jou lewe leef, jou geloof met ander moet deel.
Jy hoef nie op die straathoek te staan en vir mense te skree dat hulle op pad hel toe is nie. Jesus het dit nie gedoen nie, so jy hoef ook nie.
Leef net jou lewe en wees doelgerig om te deel wat God vir jou gedoen het.
Kom ons sê jy speel rugby — miskien haat jy rugby — maar vir hierdie voorbeeld speel jy rugby. Sal die mense sê jy is 'n rugbyspeler wat ook 'n Christen is of 'n Christen wat rugby speel?
Sien jy die verskil? Is jy 'n Christen eerste of andersom?
Soos wat jy uitgaan en jou dinge doen, wees 'n Christen eerste en laat toe dat mense dit sien.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sal jy sê dat jy goed is daarmee om jou geloof met jou vriende te deel? Dit kan 'n skrikwekkende ding wees om te doen. As jy moed wil kry om jou geloof te deel en te leer hoe om dit te doen sonder om vreemd voor te kom, dan is hierdie leesplan vir jou.
More