Soek Skuiling: God se Hart Vir VlugtelingeVoorbeeld
Jesus op die Kantlyn
Die Bybel het baie te sê oor hoe om vlugtelinge te behandel, maar dit is ook in 'n sekere sin 'n verhaal van vlugtelinge. Baie geloofshelde is self op een of ander stadium gedwing om van vervolging te vlug, insluitend Jakob, Moses, Dawid en Elia. Daar is egter geen belangriker vlugteling as Jesus self nie.
Ons Passiespele met die tonele van Jesus se geboorte sluit gewoonlik die wyse manne met geskenke in, maar die verhaal hou daar op, net voordat Jesus, Maria en Josef as vlugtelinge gedwing is om van die tiranniese regering van koning Herodes te vlug. Die Bybelse teks verskaf min besonderhede oor hoe Jesus, Maria en Josef behandel is toe hulle in Egipte aangekom het. Ons kan net spekuleer: Kon hulle skuiling vind? Is hulle verwelkom, of geteister? Het plaaslike skrynwerkers gekla dat Josef hul moontlike lone afrokkel? Is Jesus daarvan verdink dat hy 'n siekte het?
Omdat Jesus sy aardse lewe op die kantlyn begin het, toon Jesus dwarsdeur sy bediening besorgdheid oor diegene op die samelewing se kantlyn, soos die Samaritane. Samaritane was nie net "afstootlik" in die oë van die gemiddelde Jood nie: hulle is as ketterse vreemdelinge beskou. Op 'n stadium het sommige van Jesus se dissipels eintlik voorgestel om op 'n Samaritaanse dorpie vuur uit die hemel af te roep, 'n idee wat Jesus dadelik verwerp het.
Jesus se benadering tot hierdie gemarginaliseerde buitelanders was teen die kulturele gesindheid: Hy "moes deur Samaria gaan," al was daar ander, minder direkte roetes wat sommige Jode dalk verkies het om kontak met Samaritane te vermy. Sodoende, het Hy 'n medelydende gesprek met 'n Samaritaanse vrou, waar Hy homself as die Messias aan haar openbaar en haar toerus om onder die eerste evangeliste te wees. Wanneer 'n Samaritaan na genesing, die enigste een van tien melaatses is wat terugkeer, loof Jesus 'n Samaritaan as voorbeeld van dankbaarheid.
Dis merkwaardig dat Jesus 'n Samaritaan as die model van naasteliefde uitbeeld. In een van sy bekendste gelykenisse help die “barmhartige Samaritaan” ’n kwesbare reisiger wat langs die pad aangeval is en het medelye met hom. Jesus beveel ons om “uit te gaan en dieselfde te doen”. Dat daar risiko of koste aan verbonde mag wees — soos daar beslis vir hierdie Samaritaan was — is nie toepaslik vir die mandaat om lief te hê nie.
Vrae vir Nadenke:
1. Hoe dink jy kon Jesus se ervaring as 'n vlugteling sy eie bediening aan diegene op die kantlyn ingelig het?
2. Wie is die kwesbare bure vir wie Jesus jou dalk roep om lief te hê?
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan is aangepas uit "Seeking Refuge: On the Shores of the Global Refugee Crisis".
More