Soek Skuiling: God se Hart Vir VlugtelingeVoorbeeld

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

DAG 3 VAN 7

God Se Hart Vir Die Kwesbares

Wanneer die Ou Testament oor God se geregtigheid praat, word dit dikwels gedoen deur sy besondere besorgdheid te beklemtoon oor diegene wat die mees kwesbaarste vir onreg is. Drie spesifieke groepe word herhaaldelik beklemtoon: die weduwee, die wese en die vreemdeling (of, in verskillende Engelse vertalings, die vreemdeling, uitlander, bywoner of immigrant).

God het hierdie kwesbare groepe mense nie net lief nie, maar voorsien ook aan hulle, en Hy beveel ook sy mense om dieselfde te doen. Soos ons gister gesien het, het God selfs beleid ingestel om te verseker dat hierdie kwesbare groepe, middele het om in basiese behoeftes soos kos te voorsien.

Later het God profete gestuur om diegene te bestraf wat versuim het om hierdie kwesbare groepe te beskerm. Jeremia en Maleagi waarsku teen God se oordeel oor diegene wat versuim het om hierdie bevele te gehoorsaam, en noem die mishandeling van die wese, weduwee en vreemdeling saam met sondes soos egbreuk, towery, leuens en onskuldige bloedvergieting.

Die Bybel neem ook hierdie drie groepe — weduwees, die wese en vreemdelinge — as beeldspraak hoe God elkeen van ons red te midde van ons kwesbaarheid. Die profeet Jesaja vergelyk God met 'n eggenoot wat 'n weduwee verlos. In Galasiërs beskryf Paulus ons verlossing in Jesus as 'n proses om as God se kinders aangeneem te word. In sy brief aan die Efesiërs skryf Paulus, deur Christus se dood en opstanding: "Julle is dus nie meer ver van God af [vreemdelinge] nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God" (Efesiërs 2:19).

God het die kwesbares innig lief — en, ten minste in 'n geestelike sin, sluit dit ons almal in.

Vrae vir Nadenke:

1. Hoe kan jy God se liefde prakties uitleef teenoor die kwesbares in jou gemeenskap?

2. Hoe kan die erkenning van jou eie kwesbaarheid — en God se genade om ons te midde daarvan te verlos — jou inlig hoe jy reageer op diegene wat kwesbaar is as weduwees, die wese of vreemdelinge in ons samelewing en regoor die wêreld?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Refuge: God's Heart For Refugees

Die Bybel praat herhaaldelik met die hart van God ter wille van diegene wat vlugtelinge is — individue wat deur vervolging gedwing is om uit hul land van herkoms te vlug en in 'n nuwe land te gaan woon. Hierdie leesplan is aangepas uit "Seeking Refuge: On the Shores of the Global Refugee Crisis".

More

Ons wil graag World Relief en Moody Publishers vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.worldrelief.org/seekingrefuge