Advent - O, Kom Laat Ons Hom Prys!Voorbeeld

O, Kom Laat ons Hom Prys!
Anno Domini, die jaar van ons Here. Die kalender van die planeet draai om een datum – die geboorte van Jesus Christus. Of ons nou glo in wie Christus is, of nie, dit bly die beginpunt waarvolgens die wêreld lewe. Hierdie een gebeurtenis het die geskiedenis verander.
Nog nooit is die term, Redder, gebruik nie. “Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” Matteus 1:21. Wat is ’n Redder en waarom het ons een nodig? God het sy standaard gestel, dit moet perfek wees. Die mensdom het vinnig besef hoe futiel dit is om aan daardie standaard te voldoen. Om te probeer om God tevrede te stel, het hulle besef, is nie moontlik nie. Slegs deur geloof en net geloof – in die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus, word die weg na God moontlik. Sy lewe was die perfekte herstel wat God vereis het. Dit het alles begin met wat gelyk het soos die onbeduidende geboorte van ’n kind in Bethlehem.
Hierdie verkorte vier-week studie is bedoel om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. As jy die Woord van God lees, daaroor nadink en dit bestudeer, begin wonderlike veranderinge diep in jou plaasvind. Die Adventseisoen sal ’n opwindende tyd van voorbereiding word namate jy die Skrif bestudeer wat met sy koms verband hou.
Loer binne-in hierdie vier verhale. Jy sal jouself bevind tussen die geur van soet hooi en tussen die klanke van die lawaaierige tempel. Jy sal die gesig van ’n sterrenag aanskou en die klein handjies van ’n pasgebore baba omvou. Jy sal oomblikke hê waarin jy sal voel hoe om ’n lewende getuie te wees van die groot aankondiging en in staat wees om met die hele skepping hande te vat om in eerbied voor hierdie Koning te buig.
God het hierdie oomblik vanaf die ewigheid beplan. Jesus was presies op die regte tyd daar. Kom ons berei onsself voor.
Elke dag: lees die Skrif, bid vir begrip en antwoord die vrae.
Die Nederige Aankoms
Maak ’n lys wat jy oor die koms van die Redder leer.
Wat verras jou oor sy koms?
Aangaande hierdie leesplan

Advent is ’n vier-weke plan wat bedoel is om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. Hierdie studie sluit vier verhale van Matteus en Lukas in. Ons leer van God se heilige plan vir die geboorte van Jesus Christus en ondervind hoe dit was om teenwoordig te wees tydens hierdie gebeure. Die vraag-en- antwoordformaat kan vir gesins-eredienste, groepbesprekings en selfstudie gebruik word.
More
Ons wil graag Neighbor Bible Studies (NBS2GO), Joanna Parsons en Rebecca Davie bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: https://www.nbs2go.com/afrikaans-afrikaans
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
