Waarom Jesus Gebore IsVoorbeeld

Why Jesus Was Born

DAG 3 VAN 5

Vir Julle

Vandag is daar vir julle ... die Verlosser gebore ... (Lukas 2:11).

Ons dogter is dertig jaar gelede in hierdie maand gebore. Ek het as leraar gedien en omdat die geboorte in die vroeë oggendure op 'n Sondag plaasgevind het, het 'n afgetrede leraar my plek ingeneem om te preek. Aan die begin van die diens is ’n aankondiging gemaak: “Ds. Hoezee en Rosemary het vanoggend ’n dogtertjie gehad.” Sou dit nie vreemd gewees het nie as hy vir die gemeente gesê het: "Vanmôre is daar vir julle 'n kind gebore"? Ons dogter is vir my en my vrou gebore. Sy is egter nie “vir” die hele kerk, of enigiemand anders gebore nie.

Dit is wat die engel vir daardie vreesbevange herders gesê het: die Verlosser is “vir julle” gebore. Hoe maak dit sin? Dit was Maria en Josef se baba (hoewel nie in die gewone sin van die woord nie). Dit was nie die herders se baba nie. Hulle sou geen doeke ruil, die kind voed en grootmaak nie. Hulle sou die kind besoek en dan teruggaan na hul skape toe.

Die verskil is dat Jesus geen gewone baba was nie. Hy het vir álmal gekom. Hy is vir ons álmal gebore. Hy was nie die herders se baba nie, maar Hy was hulle Verlosser. Hy het vir hulle gekom, alhoewel hulle nederig, verag en uitgeworpe was. “Vir julle.” Ons uiter die woorde so maklik. Tog bevat dit die kern van die evangelie!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Why Jesus Was Born

Waarom is Jesus gebore? Dit mag dalk na 'n eenvoudige vraag klink, te bekend om oor na te dink. Wanneer jy dié jaar vir Kersfees voorberei, ruim tyd in om die dieper betekenis en doel van Jesus se geboorte vir jou lewe en die hele wêreld te bepeins. Hierdie 5-dag leesplan is deur Scott Hoezee geskryf en uittreksels is uit die Words of Hope daaglikse oordenking geneem.

More

Ons wil graag vir Words of Hope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://woh.org/youversion