Waarom Jesus Gebore IsVoorbeeld

Why Jesus Was Born

DAG 2 VAN 5

Die Geboorte

Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring ... (Lukas 2:7).

Aan enigeen wat al vir 'n wyle 'n Christen is, is hierdie storie baie bekend. Dit is die inspirasie vir menige uitvoerings van krip- en heilige geboortetonele wat aangebied word in kleuterskole, kerke en dies meer. Ten spyte van al die maniere waarop ons dit in 'n goue lig omvou, bly dit 'n nederige geboorte. Dit is amper 'n vernederende manier om in die wêreld in te kom. Dít was egter juis die rede daaragter. God se Seun het laag gedaal, sodat die res van ons hoog geag kan word.

Ons moet egter let op die manier waarop Lukas hierdie evangeliese geleentheid beskryf. Soos wat hy dit meer ryklik sal doen in Lukas 3, wys Lukas sorgvuldig uit wie is wié in die Romeinse hiërargie van die dag. Keiser Augustus was die selfverklaarde “Dominus et Deus” of “Here en God” van die ryk. Wanneer die keiser gesê het: "Spring!" het die hele wêreld gereageer met "Hoe hoog?" Die keiser, Sirenius, Herodes, Pontius Pilatus: hierdie was die invloedryke, heersende elite, die politieke bekendes van die dag.

Lukas noem egter hul name ter wille van meer as net historiese akkuraatheid. Hy wou 'n teologiese punt bewys. Al daardie wêreldleiers kon loop en pronk in al die prag en praal wat hul harte begeer het, maar hulle sou nooit by Jesus kon kers vashou nie. Die keiser sou eindelik wegsak in die vullisdrom van die geskiedenis. Die kind van Betlehem sou egter na vore tree as die ware en ewige Koning van konings en Heer van die here. Aan God die dank! 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Why Jesus Was Born

Waarom is Jesus gebore? Dit mag dalk na 'n eenvoudige vraag klink, te bekend om oor na te dink. Wanneer jy dié jaar vir Kersfees voorberei, ruim tyd in om die dieper betekenis en doel van Jesus se geboorte vir jou lewe en die hele wêreld te bepeins. Hierdie 5-dag leesplan is deur Scott Hoezee geskryf en uittreksels is uit die Words of Hope daaglikse oordenking geneem.

More

Ons wil graag vir Words of Hope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://woh.org/youversion