Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 41 VAN 43

Lees: Genesis 27:30–46; Hebreërs 11:20

SOAP: Hebreërs: 11:20

Omdat Isak geglo het, het hy Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms. 


Oordenking

Die vertelling van Jakob se misleiding van Isak is ‘n moeilike verhaal om te lees te midde van die beskrywings van sterk geloof. Elke lid van die gesin het ‘n rol gespeel in die konflik wat uiteindelik skeiding, twis en woede tot gevolg gehad het. Jakob sou weggaan om sy lewe te red van Esau se dreigemente en hy sou nooit weer sy moeder sien nie.

Selfs in hierdie teleurstellende beskrywing sien ons nog steeds God se belofte. Weer eens faal God nie sy volk nie, al het hulle Hom gefaal. Weer eens is God die held wat diegene wat Hy uitgekies het, help en red. 

God het belowe dat Jakob die seën sou beërwe. Isak het steeds geloof in God se belofte gehad, selfs na die bedrog. Isak het Jakob geseën en geglo dat hy Esau was. Isak het geglo dat God sy belofte aan sy nageslag sou nakom. Isak het weer geloof getoon toe hy Esau geseën het, alhoewel Esau se seën die seën vir Jakob verstewig het. Soos ons nog sal sien het Isak Jakob weer wetend geseën en hom gestuur om ‘n vrou te vind en voort te gaan om die belofte van God aan Abraham uit te voer.

Alhoewel ons sal misluk, kan God ons steeds gebruik. Hy kan ons verlede, hoe gebroke ook al, gebruik om ander na Hom toe te bring. Hy kan ons konflikte gebruik om ‘n seën te wees en om vrede in verbrokkelde verhoudings te bring. Hy kan enige mislukking verlos en herstel, maak nie saak hoe ernstig dit ook al lyk nie. Hy herstel. Hy gebruik gebroke mense om lig na die duisternis te bring. Die mislukkings van selfs die helde van geloof is opgeteken sodat ons die ware karakter van God kan sien. Hy verlos, herstel en herbou selfs die mees gebroke harte, verhoudings, gemeenskappe en nasies. Ons kan op Hom vertrou. Ons kan geloof hê, selfs wanneer ons misluk. 


Gebed

Vader God, ek glo U is die God wat herstel. U verlos selfs die mees gebroke omstandighede. Here, ek het berou oor my sonde en dat ek U nie vertrou nie. Help my en lei my in u waarheid en herstel my wanneer ek val. Amen.   


Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/