Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 26:12–33
SOAP: Genesis 26:24
En die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”
Oordenking
Die Here was sekerlik by Isak. Soos Hy by Abraham was en hom geseën het, het God aangehou om by Isak te wees en hom te seën. Die skrywer van Genesis maak dit vir sy lesers duidelik dat God Isak oorvloedig geseën het, ver bo wat hy self sou kon vermag. Diegene rondom Isak het geweet dat God by hom is. Namate Isak se rykdom vermeerder het, het sy bekendheid toegeneem, soseer dat die Filistyne later op sy reputasie jaloers geraak het.
Toe Isak nuwe putte in die woestyn moes vind om die geskille met die Filistyne te besleg, het God telkens voorsien. Keer op keer het Isak se slawe water gekry, nie omdat hulle geweet het waar om te soek nie, maar omdat God met hulle was. God se ingryping was ooreenkomstig met sy verbond om Isak voortdurend te seën en ‘n groot nasie van hom te maak. Toe Isak in die geloof volhard, het sy vyande besef dat God agter sy groot sukses was.
Die Filistyne en ander omliggende nasies moes erken dat Isak se sukses en seën van die Here gekom het. Isak kon vanweë sy geloof in vrede met die omliggende volke leef. Hy het geglo dat God vir hom sou voorsien, en daarom het hy elke keer as daar ‘n geskil was, weggetrek. Hy het geweet God wou hê dat hy in vrede met sy bure moes saamleef en hy het God vertrou om dit vir hom moontlik te maak. Selfs al het sy bure sy sukses probeer dwarsboom, het hy op God se voorsiening bly vertrou en vreedsaam tussen hulle bly woon.
As ons in vrede met ons bure, vriende, en familie saambly, verkondig ons God se getrouheid. Vrede beteken nie die afwesigheid van konflik nie. Dit beteken dat, wanneer konflik ontstaan, ons God kan vertrou om in ons en ons naaste se behoeftes te voorsien. As ons bereid is om te vergewe en genade te betoon, en vertrou dat God ons saak verdedig, is ons ‘n getuienis aan die wêreld van sy goedheid en liefde.
Gebed
Here God, U voorsien vrede. Ek hoef niks te vrees nie want ek weet U is die God wat my verdedig en vrede bied. Help my om in vrede met diegene om my saam te leef sodat ek ‘n getuienis van u goedheid en liefde kan wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine
