Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Genesis 11:27–12:9
SOAP: Genesis 12:1–3
Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”
Oordenking
Die Boek Genesis bied ons 'n verslag van die skepping van die aarde en God se verlossingsplan. Die eerste elf hoofstukke van Genesis beskryf die skepping, die val van die mensdom in sonde en die begin van die beskawing. Toe sonde die wêreld binnegedring het (Genesis 3), het dit baie gevolge meegebring: skeiding van God, verbanning uit die tuin, verskillende vloeke, verbrokkelde verhoudings en die dood.
In dieselfde asem wat God vir die man en vrou die gevolge van sonde in die tuin verklaar, beloof Hy om vir hulle verlossing te bied. God beloof om die wêreld van sonde te verlos deur 'n Verlosser te stuur, een wat die vyand en die vloek van die sonde eens en vir altyd sou vernietig. Die boek Genesis begin daardie verhaal van ons verlossing.
Verlossing het gekom deur een man, Jesus Christus. Hy is die beloofde Messias, die Een wat God gesê het die wêreld van sonde sou verlos. God het 'n gesin gebruik om sy Seun, Jesus, die wêreld in te bring om verlossing te bied. Daardie gesin het begin met 'n man met die naam Abram. 'n Man wat God geroep het om sy huis, sy familie en ander gode te verlaat om die Een ware God te volg. Abram was nie 'n belangrike man nie. Hy het niks gedoen wat waardig is om deur God gekies te word nie. Tog het God Abram gekies om die een te wees deur wie Hy sy uitverkore Verlosser sou bewerkstellig.
In ons studie oor die lewe van die aartsvaders, sal ons die voorsiening van God en die belofte van God aan Abram, sy gesin en sy nageslag sien, asook God se beskerming van Abram, sy gesin en sy nageslag. Ons sal Abram se sterk geloof en vertroue in God sien, asook die maniere waarop hy langs die weg probeer het om sy eie planne te maak. Ten spyte van Abram se mislukkings, het God hom gekies om al die gesinne van die aarde te seën. Hoewel Abram nie die besonderhede geken het oor wat God sou doen of hoe Hy dit sou doen nie, het hy deurentyd in geloof vorentoe beweeg.
Gebed
Here God, dankie dat U my verlossing bied deur Jesus Christus, die beloofde afstammeling van Abram. U alleen kan my lewe neem en my tot seën vir ander maak. Help my om te sien hoe U my vandag en gedurende my studie oor Abram vra om in geloof uit te tree. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53962%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
![BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53912%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53497%2F320x180.jpg&w=640&q=75)